dcsimg

Goudstaaf-lipvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Goudstaaf-lipvis (Thalassoma hebraicum) is 'n vis wat voorkom in die Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Goldbar wrasse.

Voorkoms

Die vis se lyf is lank en plat. Die sylyn buig afwaarts net agter die dorsale vin. Die vis is aanvanklik blou-groen met donker vertikale lyne met twee blou bane op die kop en bors. Die stertvin is geel met die boonste en onderste rante groenerig. Die dorsale en anale vinne is geel-groen en daar is 'n swartkol tussen die 1ste en 2de strale in die dorsale vin.

Die volwasse vis is vol vertikale blou strepe en lyne en daar is 'n goue streep van die dorsale vin tot by die pens. Daar is ook groen strepe op die kop. Die stertvin is blou en die boonste en onderste strale verleng.

Habitat

Die vis leef in koraal en rots riwwe in water wat 1 – 30 m diep is. Hulle eet onder andere slakke, skaaldiere, wurms en seesterre.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Goudstaaf-lipvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Goudstaaf-lipvis (Thalassoma hebraicum) is 'n vis wat voorkom in die Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Goldbar wrasse.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF