dcsimg

Gouestreep-lipvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die gouestreep-lipvis (Halichoeres zeylonicus) is 'n vis wat in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Goldstripe wrasse.

Identifikasie

Die vis word tot 15 cm lank en het 'n lang, slanke lyf. Volwasse mannetjies is liggroen met 'n sylyn deur die middel asook 'n dun streep onder die basis van die dorsalevin. Daar is ook onreëlmatige pers strepe oor die kop en voorste gedeelte van die lyf. Soms is daar ook geel kolle onder die basis van die pektoralevinne. Tydens die aanvanklike en onvolwasse stadiums en ook by die wyfies het die boonste gedeelte van die lyf 'n pienk skakering en penskant is ligter. Daar is ook 'n breë, heldergeel streep vanaf die oë tot by die stertvinbasis.

Die vis leef in aflandige koraalriwwe in water wat 10 tot 40 m diep is. Hier leef hulle in klein groepies saam oor sand en rommel by die basis van die riwwe. Hulle vreet bodem ongewerweldes.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gouestreep-lipvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die gouestreep-lipvis (Halichoeres zeylonicus) is 'n vis wat in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Goldstripe wrasse.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF