dcsimg

Gestreepte lipvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Gestreepte lipvis (Pseudocheilinus evanidus) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Striated wrasse.

Identifikasie

Die vis word tot 8cm groot en sy lyf is slank en lank. Die lyf is oranje tot pienk-bruin met dun, digby mekaar ligte horisontale lyne op. Soms is daar ligte bane oor die sye. Daar is ook 'n blou-wit streep van die bek tot by die wang. Die vis se kleurpatroon bly dieselfde deur sy hele ontwikkelingsfase.

Hulle leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 6 tot 40m diep is. Die visse is alleenlopers en bly naby die riwwe vir beskerming. Hulle vreet hoofsaaklik bodem ongewerweldes. Die spesie is redelik volop maar sku.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gestreepte lipvis: Brief Summary ( Afrikaans )