dcsimg

Geelbors-tamarin ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Geelbors-tamarin (Anampses twistii) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, meer spesifiek die Rooisee en aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Yellowbreasted wrasse.

Identifikasie

Die vis word tot 18 cm lank. Die mannetjies en wyfies lyk dieselfde. Die lyf is donkerbruin en bedek met klein, blou kolletjies met swart rante. Daar is 'n kenmerkende geel area aan die onderkant van die vis wat strek vanaf die pens tot by die bek. Daar is ook swart kolle met 'n blou rant aan die agterkant van die dorsale- en analevinne.

Die onvolwasse vis is olyfbruin en is bedek met ligblou kolletjies en onreëlmatige strepe op die kop en lyf. Die vals oë-kolle op die agterkant is baie helderder op die onvolwasse visse.

Die visse leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 30 m diep is. Die visse begraaf hulle onder die sand snags en bedags bly hulle altyd naby die rif. Hulle is gewoonlik alleenlopend en vreet bodem ongewerweldes.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Geelbors-tamarin: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Geelbors-tamarin (Anampses twistii) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, meer spesifiek die Rooisee en aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Yellowbreasted wrasse.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Description

provided by World Register of Marine Species
Occurs in clear lagoon and seaward reefs from the lower surge zone to a depth of 30 m (Ref. 1602). Occasionally seen in fish markets and aquarium trade.
license
cc-by-4.0
copyright
WoRMS Editorial Board
bibliographic citation
Froese, R. & D. Pauly (Editors). (2019). FishBase. World Wide Web electronic publication. version (02/2019). Froese, R. & D. Pauly (Editors). (2019). FishBase. World Wide Web electronic publication. version (02/2019).
contributor
Edward Vanden Berghe [email]