dcsimg

Swartkurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Swartkurper (Oreochromis placidus) is 'n varswatervis wat in die oostelike riviere van Suider-Afrika voorkom, vanaf die Zambezirivier tot by Mkuze in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Black tilapia.

Voorkoms

Die onvolwasse vis is silwer met 8-9 dowwe vertikale strepe oor die lyf. Die sagte gedeeltes van die dorsale-, anale- en stertvinne is bedek met donker willekeurige strepe en ligte kolletjies. Die volwasse vis is olyfbruin aan die bokant en silwer aan die onderkant met 'n ligtegrys kop en vinne. Broeiende mannetjies is dofgrys met 'n donker keel en vinne en swart merke op die kop. Die vis word tot 30 cm lank en die Malawi-hengelrekord is 1.1 kg.

Habitat

Die vis leef in beskermde gedeeltes vol plantegroei aan rivieroewers, vloedvlakte mere en strandmere. Die vis word gereeld saam met die bloukurper gevind.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Swartkurper: Brief Summary ( Afrikaans )