dcsimg

Shire-kurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Shirekurper (Oreochromis shiranus) is 'n varswatervis wat in die Malawimeer, die onderste gedeelte van die Shirerivier en die onderste gedeelte van die Zambezirivier voorkom. Hulle kom ook in die Chilwa- en Chiutamere voor. In Engels staan die vis bekend as die Shire tilapia.

Voorkoms

Die vis is olyfkleurig met 'n ligte roomkleurige of geel skynsel. By die volwasse mannetjies word die rante van die dorsale- en stertvinne helder oranje. Die vis word tot 37 cm lank.

Habitat

Hulle leef in die rietagtige areas en moerasse asook in beskermde plantwortelareas langs rivieroewers. Hulle vreet alge, plante en fitoplankton. Die vis broei gedurende die somer nadat die mannetjies 'n nes gebou het van 50–90 cm in deursnee. Die wyfies is mondbroeiers.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Shire-kurper: Brief Summary ( Afrikaans )