dcsimg

Nabootser-blennie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Nabootser-blennie (Aspidontus tractus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Mimic blenny.

Voorkoms

Die kop en voorste gedeelte van die lyf is ligkleurig en die agterste gedeelte is donker blou van kleur. Daar is 'n swart streep vanaf die snoet tot by die stertvin wat al wyer word na agter. Daar is ook 'n swart streep op die rant van die dorsale vin aan die voorkant wat dan sak na die middel van die vin soos dit na agter gaan. Die pektorale vinne is deurskynend terwyl die basis swart is. Die vis word tot 10 cm groot.

Habitat

Die vis leef in koraal en rots riwwe in water wat 2 – 30 m diep is. Die vis lyk baie na die Bloustreep-skoonmakertjie en boots sy manier van swem na. Hierdie vis is 'n parasiet; ander visse verwar hom met die Bloustreep-skoonmakertjie en dan kan hy tot by hulle kom voor hy hul aanval.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Nabootser-blennie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Nabootser-blennie (Aspidontus tractus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Mimic blenny.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF