dcsimg

Sjokolade-dikkop ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die sjokolade-dikkop (Cryptocentrus malindiensis) is vis wat aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. Die spesie is raar.

Identifikasie

Die vis word tot 4 cm lank. Dit is swart met 'n wit streep wat strek van die onderste lip oor die kop, op die rug tot halfpad op die lyf. Daar is ook wit vlekke en kolletjies op die kante van die lyf en vinne; die pektorale, anale en tweede dorsale vinne is deurskynend. Die stertvin is ovaalvormig met wit vlekke op en die tweede dorsale vin het ook 'n wit rand.

Hulle leef in vlak water in koraalriwwe in water wat tot 20 m diep is. Hulle verkies sanderige bodems langs die rante van halfbeskermde riwwe of grotte. Hier leef hulle in gate, gewoonlik uitgegraaf onder klippe. Hulle is skrikkerig van aard en sku. Die vis vreet klein ongewerweldes.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Sjokolade-dikkop: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die sjokolade-dikkop (Cryptocentrus malindiensis) is vis wat aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. Die spesie is raar.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF