dcsimg
Image of Indian gold-ring bristle-tooth
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

Indian Gold Ring Bristle Tooth

Ctenochaetus truncatus Randall & Clements 2001

Gespikkelde borseltand ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die gespikkelde borseltand (Ctenochaetus truncatus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese Oseaan; ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as spotted bristletooth of Indian gold-ring bristle-tooth.

Identifikasie

Die vis word tot 18 cm lank. Die kop en en lyf is geelbruin tot donkerbruin en bedek met klein, ligte kolletjies. Die rante van die dorsale- en analevinne is ligblou en daar is 'n geel ring om die . Die onvolwasse vissies is helder geel en daar is blou rante op die dorsale- en analevinne.

Die vis leef in rotsagtige gebiede en aflandige riwwe in water van 2 tot 40 m, maar gewoonlik in water wat vlakker as 15 m is. Hier verkies hulle die rante n ehellings van die riwwe. Hulle is alleenlopers maar kan ook in klein groepies voorkom. Die vis vreet alge en detritus. Die spesie is redelik volop.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gespikkelde borseltand: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die gespikkelde borseltand (Ctenochaetus truncatus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese Oseaan; ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as spotted bristletooth of Indian gold-ring bristle-tooth.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF