dcsimg
Image of Brown Unicornfish
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

Brown Unicornfish

Naso brevirostris (Cuvier 1829)

Gespikkelde eenhoringvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Gespikkelde eenhoringvis (Naso brevirostris) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Durban. Die onvolwasse klein vissies is al opgemerk in Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Spotted unicornfish.

Identifikasie

Die vis word tot 60 cm lank. Die volwasse vis het die horing tussen die oë op die voorkop wat kenmerkend van die sub-familie is. Die kop en lyf is olyfbruin tot grys met vertikale, donker strepe wat oor die sye strek. Die stertvin is ligkleurig. Daar is soms 'n ligte, blouwit band wat vertikaal oor die voorste gedeelte van die lyf strek. Hierdie band se kleur kan ligter word na aanleiding van die gedrag van die vis. Die onvolwasse visse het klein donker spikkels op die kop en lyf in stede van lyne.

Die onvolwasse vis vreet alge en die volwasse vis vreet soöplankton. Hulle leef in klein groepies saam en verkies die boonste skuins helling van aflandige riwwe in water wat 4 tot 45m diep is. Hierdie spesie is volop.

Sien ook

Bronne

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

  1. [UICN] (en)
  2. Lacépède, B. G. E., 1801. Histoire naturelle des poissons. Hist. Nat. Poiss. v. 3: i-lxvi + 1-558, Pls. 1-34.
  3. Cuvier, G., 1829. Le Règne Animal, distribué d'après son organisation, pour servir de base à l'histoire naturelle des animaux et d'introduction à l'anatomie comparée. Edition 2. Règne Animal (ed. 2) v. 2: i-xv + 1-406.
  4. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gespikkelde eenhoringvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Gespikkelde eenhoringvis (Naso brevirostris) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Durban. Die onvolwasse klein vissies is al opgemerk in Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Spotted unicornfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Description

provided by World Register of Marine Species
Inhabits mid-waters along steep outer lagoon and seaward reef dropoffs at depths of 4 to more than 46 m. Juveniles and subadults feed on benthic algae; adults on zooplankton. Pair spawning has been observed.
license
cc-by-4.0
copyright
WoRMS Editorial Board
bibliographic citation
Froese, R. & D. Pauly (Editors). (2019). FishBase. World Wide Web electronic publication. version (02/2019).
contributor
Edward Vanden Berghe [email]

Habitat

provided by World Register of Marine Species
Known from seamounts and knolls
license
cc-by-4.0
copyright
WoRMS Editorial Board
bibliographic citation
Stocks, K. 2009. Seamounts Online: an online information system for seamount biology. Version 2009-1. World Wide Web electronic publication.
contributor
[email]