dcsimg
Image of Zanzibar Butterflyfish
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

Zanzibar Butterflyfish

Chaetodon zanzibarensis Playfair 1867

Zanzibar-vlindervis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Zanzibar-vlindervis (Chaetodon zanzibarensis) is vlindervis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan: van Somalië suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. Dit kom selde voor in Suid-Afrikaanse kuswater. In Engels staan dit bekend as die Zanzibar butterflyfish.

Identifikasie

Die vis word tot 12 cm lank en is een van die kleiner vlindervisse. Die vis se lyf is goudgeel met verskeie, amper horisontale, dowwe swart lyne wat oor die lyf strek. Daar is 'n ronde swart kol aan die bokant van die lyf en 'n swart vertikale streep oor die oog. Die stertvin is ook geel met die rand wat deursigtig is. Die jong visse lyk amper soos die volwasse visse maar die lyne is dowwer.

Die vis leef in tropiese strandmere en aflandige koraalriwwe in dieptes van 3 tot 40m. Hulle is gewoonlik alleenlopers maar kan ook in pare voorkom. Hulle vreet hoofsaaklik koraal poliepe. Die vis lyk baie soos die Eenkolvlindervis.

Sien ook

Bronne

  • Reef fishes & corals – East coast of Southern Africa. Dennis King. Struik Nature. 1996 ISBN 978-1-86825-981-6
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Zanzibar-vlindervis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Zanzibar-vlindervis (Chaetodon zanzibarensis) is vlindervis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan: van Somalië suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. Dit kom selde voor in Suid-Afrikaanse kuswater. In Engels staan dit bekend as die Zanzibar butterflyfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF