dcsimg
Image of 紅鰭麗眼鯛
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

紅鰭麗眼鯛

Chrysoblephus cristiceps (Valenciennes 1830)

Dageraad ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Dageraad (Chrysoblephus cristiceps) is 'n skaars en endemiese vis wat aan die kus van Tafelbaai tot by Durban aangetref word. Dit is meer volop suid van Oos-Londen. Dit word tot 70 cm lank en kan tot 8.7 kg weeg. Die vis is pienk tot rooi en wit aan die onderkant. Hulle het 'n kenmerkende donkerrooi vlek aan die punt van die rugvin. Volwasse visse het blou lyn onder die oë. Groot volwasse visse ontwikkel 'n hoë voorkop.

Die jong visse is pienk met 'n horisontale band deur die middel van die lyf en twee vlekke onder die rugvin.

Die vis word aangetref op aflandige rotsriwwe tussen 25 tot 100m diep. Hulle kom in skole voor.

Hulle vreet meestal in die vroeë oggende en vreet dan krappe, wurms, tjokka, vis en seesterre. Hulle word ook gevang met 'n verskeidenheid aas. Die vis is oorvang en aksie is nodig sodat die bevolking kan herstel.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Dageraad: Brief Summary ( Afrikaans )