dcsimg

Slimjannie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Slimjannie (Acanthopagrus berda) is 'n vis wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom vanaf Oos-Londen. Die vis het sy naam gekry weens die feit dat hy die aas skelm van hoeke kan afvreet. In Engels staan die vis bekend as die River bream.

Voorkoms

Die vis het 'n diep lyf en die stertvin is gevurk. Die vis is silwer tot swart met swart vlekke agter die boonste gedeelte van die kieue deksels. Hulle word tot 750 mm lank en word selde swaarder as 1 kg.

Habitat

Weens hulle vermoë om in water te kan oorleef waarvan die soutgehalte verskil kom hulle ook in riviere en riviermondings voor. Hulle is al stroom-op in riviere gekry verby die punt waar getye die water beïnvloed. Die kleiner visse kom in skole voor terwyl die volwasse visse alleenlopers is. Hulle eet wurms, krappe, garnale en klein vissies. Dit is nie 'n gewilde eetvis nie.

Sien ook

Bronne

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Slimjannie: Brief Summary ( Afrikaans )