dcsimg
Image of fourlined terapon
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

Fourlined Terapon

Pelates quadrilineatus (Bloch 1790)

Trompetter (vis) ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die trompetter (Pelates quadrilineatus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese gebied, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika, vanaf Oman tot by die Boesmansrivier by Port Alfred voorkom. Die vis het ook die Middellandse See deur die Suezkanaal binnegedring. In Engels staan die vis as die Trumpeter bekend.

Voorkoms

 src=
Skets van 'n trompetter.

Die vis is silwerig met 4 – 6 donker horisontale strepe oor die liggaam. Daar is 'n donker vlek net tussen die begin van die dorsale en pektorale vinne. Die stertvin is ligter van kleur en die mond- en kieuholtes is rooi. Die onvolwasse vissies het 6 – 7 strepe oor die liggaam. Die vis word tot 30 cm lank.

Habitat

Die vis kom langs die kus voor, veral waar daar seegrasbeddings is, asook by riviermondings. Die onvolwassenes vreet seegras en klein skaaldiere en die volwasse visse plankton. Die vis kan 'n kraakgeluid met sy swemblaas maak, vandaar die naam.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. UICN (en)
  2. Cuvier G., 1829. Le Règne Animal, distribué d'après son organisation, pour servir de base à l'histoire naturelle des animaux et d'introduction à l'anatomie comparée. Edition 2. Règne Animal (ed. 2) v. 2. i-xv + 1-406.
  3. uBio (en)
  4. Bloch, M. E., 1790. Naturgeschichte der ausländischen Fische. Berlín. Naturg. Ausl. Fische v. 4: i-xii + 1-128, Pls. 217-252.
  5. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Trompetter (vis): Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die trompetter (Pelates quadrilineatus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese gebied, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika, vanaf Oman tot by die Boesmansrivier by Port Alfred voorkom. Die vis het ook die Middellandse See deur die Suezkanaal binnegedring. In Engels staan die vis as die Trumpeter bekend.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Description

provided by World Register of Marine Species
A coastal species often found in brackish waters; common in estuaries. Croaks when taken from the water. Feeds on small fishes and invertebrates.
license
cc-by-4.0
copyright
WoRMS Editorial Board
bibliographic citation
Froese, R. & D. Pauly (Editors). (2019). FishBase. World Wide Web electronic publication. version (02/2019). Katsanevakis, S.; Bogucarskis, K.; Gatto, F.; Vandekerkhove, J.; Deriu, I.; Cardoso A.S. (2012). Building the European Alien Species Information Network (EASIN): a novel approach for the exploration of distributed alien species data. <em>BioInvasions Records.</em> 1: 235-245.
contributor
Edward Vanden Berghe [email]