dcsimg
Image of 金氏阿波魚
» Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes »

金氏阿波魚

Apolemichthys kingi Heemstra 1984

Tier-engelvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Tier-engelvis (Apolemichthys kingi) is 'n vis endemies aan Suid-Afrika en kom aan die ooskus vanaf Margate tot by Mosambiek voor. In Engels staan die vis bekend as die Tiger angelfish.

Voorkoms

Die boonste gedeelte van die lyf en stert is bruin tot swart met vertikale golwende geel strepe op. Die kop en onderkant van die lyf is ligter van kleur met 'n groot swart kol aan die bokant van die kieuspleet. Die rant van die dorsale- en stertvinne is wit. Die vissie word tot 25 cm groot. Die onvolwasse vissies lyk amper soos 'n vlindervis.

Habitat

Hulle bly in koraalriwwe gewoonlik in water van 20 – 40 m diep. Die spesie is vernoem na Dennis King wat die spesie die eerste keer geïdentifiseer het.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tier-engelvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Tier-engelvis (Apolemichthys kingi) is 'n vis endemies aan Suid-Afrika en kom aan die ooskus vanaf Margate tot by Mosambiek voor. In Engels staan die vis bekend as die Tiger angelfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF