dcsimg
Image of Serrated tortoise
» Animals » » Vertebrates » » Turtles »

Serrated Tortoise

Psammobates oculiferus (Kuhl 1820)

Kalahariskilpad ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kalahariskilpad (Psammobates oculifer) is 'n skilpad wat in die Kalahari en in die westelike gedeeltes van die Limpopo-provinsie (maar nie suid van die Oranjerivier nie) voorkom. Die skilpad word 12 tot 14 cm lank en weeg 300 tot 480 gram. Dit is amper-endemies aan Suid-Afrika.

Die skilpad het 'n lae, koepelvormige karapaks (bo-dop). Die karapaks is het 'n ligte geelbruin tot donkerbruin kleur met geelbruin strepe van die middel van elke effens opgehewe skildplaat. Dit het nie 'n skarnier nie, maar het 'n duidelik geskulpte rand.

Kalahariskilpaaie is aangepas by droë savanne en woestyngebied met struikgewasse. Die skilpaaie grawe hulself vir beskerming in die los grond onderom lae bossies in. Hulle vreet klein vetplante, grasse en mis.

Die skilpaaie lê een of twee eiers in lente of somer in 'n gat. Die kleintjies broei in vroeë herfs uit.

 src=
Verspreiding van die Kalahariskilpad.
 src=
'n Kalahariskilpad in die Kgalagadi-vredespark.

Bronne

  1. JCVI.org (besoek op 25 Februarie 2010).
  2. Fritz Uwe (2007). “Checklist of Chelonians of the World”. Vertebrate Zoology 57 (2): 289–290. ISSN 1864-5755. Besoek op 29 Mei 2012.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kalahariskilpad: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kalahariskilpad (Psammobates oculifer) is 'n skilpad wat in die Kalahari en in die westelike gedeeltes van die Limpopo-provinsie (maar nie suid van die Oranjerivier nie) voorkom. Die skilpad word 12 tot 14 cm lank en weeg 300 tot 480 gram. Dit is amper-endemies aan Suid-Afrika.

Die skilpad het 'n lae, koepelvormige karapaks (bo-dop). Die karapaks is het 'n ligte geelbruin tot donkerbruin kleur met geelbruin strepe van die middel van elke effens opgehewe skildplaat. Dit het nie 'n skarnier nie, maar het 'n duidelik geskulpte rand.

Kalahariskilpaaie is aangepas by droë savanne en woestyngebied met struikgewasse. Die skilpaaie grawe hulself vir beskerming in die los grond onderom lae bossies in. Hulle vreet klein vetplante, grasse en mis.

Die skilpaaie lê een of twee eiers in lente of somer in 'n gat. Die kleintjies broei in vroeë herfs uit.

 src= Verspreiding van die Kalahariskilpad.  src= 'n Kalahariskilpad in die Kgalagadi-vredespark.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF