dcsimg

Bibron se erdslang ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Bibron se erdslang (Typhlops bibronii) is 'n onskadelike, primitiewe erdslang wat in Suider-Afrika voorkom.

Bibron se erdslang het 'n donker, geskubde vel wat van nut is by die slang se ondergrondse habitat. Die oorvleulende skubbe is fyn, glad en glansend en dek die hele liggaam. Die stomp kop bevat die slang se oë - twee donker klein kolletjies of vlekkies - en 'n halfmaanvormige mond, met 'n tandlose onderkaak, aan die onderkant. Die kort, stomp stert eindig in 'n kort sekel, 'n eienskap wat ook by ander erdslange voorkom.

Dié erdslang kom meestal in die hoëvelde en kusgrasvelde van die oostelike dele van Suider-Afrika voor.

Die slang se dieet bestaan uit insekte, veral termiet- en mierlarwes. Hy jag hoofsaaklik ondergronds en word slegs bo-gronds waargeneem na swaar reëns.

Die wyfie lê telkens tussen vyf en twaalf eiers wat binne 'n week uitbroei.

Sien ook

Bronnelys

  • Slange (1986), deur Rod Patterson. Eerste uitgawe. Struik uitgewers: Kaapstad. ISBN 0-86977-288-0
  • Die Natuurlewe van Suider-Afrika (2000), deur Vincent Carruthers. Struik uitwegewers. ISBN 1-86872-452-2
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bibron se erdslang: Brief Summary ( Afrikaans )