dcsimg
Image of Ficus pumila var. awkeotsang (Makino) Corner
» Plants » » Angiosperms »

Climbingfig

Ficus pumila L.

Kruipende vy ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die kruipende vy of Ficus pumila is ’n spesie blomplante in die familie Moraceae wat inheems is aan Oos-Asië (China en Japan).

Eienskappe

 src=
Die kruipende vy rank met hegranke teen mure op.

Dit is ’n immergroen rankplant wat sowat 2,5 tot 4 meter lank word. Die blare van ’n jong plant is baie kleiner as blare wat later gevorm word wanneer die plant ouer is. ’n Spesifieke perdeby is nodig vir voortplanting.

Die kruipende vy word in warmer streke algemeen in tuine gebruik en in gematigde streke as ’n huisplant, veral in hangmandjies, omdat dit nie rypbestand is nie. Dit groei vinnig en het min onderhoud nodig. Dit aard goed in skaduwee en verg vogtige toestande.

Dit kan te groot word en strukture bedek tensy dit in toom gehou word. Die hegranke klou ook aan strukture soos mure en kan die oppervlak beskadig weens die suur wat dit afskei.

Variëteite en kultivars

  • Ficus pumila var. awkeotsang
  • Ficus pumila var. quercifolia
  • Ficus pumila 'Curly'
  • Ficus pumila 'Variegata' en Ficus pumila 'Snowflake' (met gestreepte blare)

’n Ander soort kruipende vy, F. radicans 'Variegata', se geel gevlekte blare is groter en meer puntig. Dit het baie lig nodig om te keer dat die geel dele van die blare verdof.

Probleme

Die kruipende vy se blare sal bruin of geel word as dit te droog of te nat is. Dopluise, wolluise en rooimyte kan voorkom.[1]

Verwysings

  1. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kruipende vy: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die kruipende vy of Ficus pumila is ’n spesie blomplante in die familie Moraceae wat inheems is aan Oos-Asië (China en Japan).

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF