dcsimg

Reuse-erdslang ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die reuse-erdslang (Rhinotyphlops schlegelii) is die grootste van die erdslange en word in die warmer noordelike dele van Suider-Afrika aangetref. Die slang se Afrikaanse naam dui op sy grootte, terwyl hy wetenskaplik vernoem is na die Duitse herpetoloog Hermann Schlegel.

'n Reuse-erdslang se totale lengte wissel van 11,5 tot 95 cm en sy liggaam het 'n diameter van tussen 3,5 en 28,1 mm. Sy stert is kort, ongeveer 1-2% van die slang se totale lengte, en eindig in 'n kort sekelagtige punt. Wyfies is oor die algemeen langer en swaarder as die mannetjies, maar hulle sterte is korter. Die kleure op die slang se rug wissel baie, veral in R. s. mucroso. Gestreepte en gespikkelde fases kom voor, maar eenkleurige slange in 'n verskeidenheid van kleure is ook al waargeneem, insluitende, bruin, swart, grys, blou, geel en wit. Die slang se maag is oor die algemeen 'n eentonige skakering van wit of geel, met geen patrone nie.

Die reuse-erdslang se gewoontes is soortgelyk aan dié van Bibron se erdslang. Die slang is goed aangepas om in die grond te grawe en vreet hoofsaaklik termiete en die larwes en papies van miere.

Kleiner reuse-erdslange word dikwels waargeneem na swaar reëns, maar die groter slange word nie dikwels gesien nie, wat suggereer dat hulle dieper in die grond woon as van die kleiner slange.

Paring vind hoofsaaklik in die latere stadiums van die lente of vroeë somer plaas, waarna die wyfie tussen 12 en 60 eiers lê. In sommige gebiede word daar dwarsdeur die jaar gebroei. Die eiers is ongeveer 12 × 21 mm en broei na vier tot ses weke uit.

Subspesies

  • Rhinotyphlops schlegelii schlegelii
  • Rhinotyphlops schlegelii brevis
  • Rhinotyphlops schlegelii petersii
  • Rhinotyphlops schlegelii mucruso

Tans word Rhinotyphlops schlegelii mucruso en R. s. brevis deur die meeste outeurs as volledige spesies erken.[1]

Sien ook

Bronnelys

  1. Rhinotyphlops schlegelii, by Reptile Database.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Reuse-erdslang: Brief Summary ( Afrikaans )