dcsimg

Spekboom ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Spekboom (Portulacaria afra) is 'n vetplant met kleinerige blare. Dit kom algemeen in die ooste van Suid-Afrika voor. Dit word ook in die Karoo van die Oos- en Wes-Kaap aangetref.

Die spekboom is immergroen en word ongeveer 2.5 meter hoog. Die stam, wat tot 20 cm dik word, het 'n kurkagtige voorkoms. Die blare is helder groen, vleserig en eiervormig. Soos die boom ouer word, word die blare gelerig.

Olifante eet graag die boonste blare van die boom, wat veroorsaak dat dit horisontaal uitsit. Vir die rede staan die boom ook as Olifantskos bekend. Die olifante in die Oos-Kaap, insluitende die in die Addo-Olifant Nasionale Park, kan tot 200 kg spekboomblare per dag vreet.

Spekboom het 'n besonderse vermoë om groot hoeveelhede koolstofdioksied uit die lug te neem en na suurstof om te skakel. Een hektaar spekboom kan gemiddeld 4.2 ton koolstofdioksied per jaar na suurstof omskakel. In die opsig is spekboom tot 10 keer meer effektief per hektaar as 'n tropiese reënwoud.

Die blare van die spekboom kan deur mense geëet word. Dit kan in tye van nood as 'n voedselbron aangewend word en is ook geskik vir gebruik in slaaie. Die blaartjies het 'n effens suur suurlemoenagte smaak.[1]

Die plant se nasionale nommer is 104[2].

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Spekboom: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Spekboom (Portulacaria afra) is 'n vetplant met kleinerige blare. Dit kom algemeen in die ooste van Suid-Afrika voor. Dit word ook in die Karoo van die Oos- en Wes-Kaap aangetref.

Die spekboom is immergroen en word ongeveer 2.5 meter hoog. Die stam, wat tot 20 cm dik word, het 'n kurkagtige voorkoms. Die blare is helder groen, vleserig en eiervormig. Soos die boom ouer word, word die blare gelerig.

Olifante eet graag die boonste blare van die boom, wat veroorsaak dat dit horisontaal uitsit. Vir die rede staan die boom ook as Olifantskos bekend. Die olifante in die Oos-Kaap, insluitende die in die Addo-Olifant Nasionale Park, kan tot 200 kg spekboomblare per dag vreet.

Spekboom het 'n besonderse vermoë om groot hoeveelhede koolstofdioksied uit die lug te neem en na suurstof om te skakel. Een hektaar spekboom kan gemiddeld 4.2 ton koolstofdioksied per jaar na suurstof omskakel. In die opsig is spekboom tot 10 keer meer effektief per hektaar as 'n tropiese reënwoud.

Die blare van die spekboom kan deur mense geëet word. Dit kan in tye van nood as 'n voedselbron aangewend word en is ook geskik vir gebruik in slaaie. Die blaartjies het 'n effens suur suurlemoenagte smaak.

Die plant se nasionale nommer is 104.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF