dcsimg

Kleintand-jobvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kleintand-jobvis (Aphareus rutilans) is 'n vis wat voorkom in die tropiese en subtropiese water van die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Port Alfred. In Engels staan die vis bekend as die Rusty jobfish.

Voorkoms

Die vis se kop en lyf is silwer-rooierig tot ligpers aan die rugkant. Die binnekant van die mond, kieuekamer en kieue is silwer. Die onderste lip is swart. Die stert- en analevin se laaste strale is lank en die stertvin is diep gevurk. Die vis word tot 1.3 m lank en weeg dan 11 kg.

Habitat

Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 50–330 m diep is. Hulle vreet vis, skaaldiere en inkvisse. Hulle is alleenlopers.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. Cuvier, G. & A. Valenciennes 1830. Historie naturelle des poissons. Tome Sixième. Livre sixième. Partie I. Des Sparoïdes; Partie II. Des Ménides. Hist. Nat. Poiss. v. 6: i-xxiv + 6 pp. + 1-559, Pls. 141-169.
  2. BioLib (en)
  3. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kleintand-jobvis: Brief Summary ( Afrikaans )