dcsimg

Ostraciidae ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Koffervisse en Koeivisse (Ostraciidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Tetraodontiformes. Daar is ongeveer veertien genera met vier en dertig spesies wat hoort tot dié familie en 10 van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

Die familie se liggaam is bedek met 'n harde laag bekend as 'n karapaks. Daar is slegs gate vir die oë, mond, kieue, neus, anus en vinne in die karapaks. Die grootte wissel van 15 – 46 cm. Die familie verkies om in rots en koraalriwwe te leef tot op dieptes van 90 m. Hulle is omnivore en eet onder andere slakke, skaaldiere, sponse, wurms en alge. Wanneer die vis bedreig raak skei die familie 'n toksien af. As gevolg hiervan kan die familie nie in akwariums aangehou word nie.

Genera

Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Lactoria
  • Ostracion

Sien ook

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Ostraciidae: Brief Summary ( Afrikaans )