dcsimg

Haaibekvygie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Haaibekvygie of haaibekkie (Gibbaeum shandii) is 'n dwergplantjie wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit word op die SANBI-rooilys as veilig (LC) gelys.[1] Dit kom by Swellendam in die Wes-Kaap voor en groei veral op hellings wat met kwarts bedek is.

Die vetplantjie bestaan uit twee dik blaadjies. Die een is langer as die ander en saam lyk hulle op 'n haai se bek. Dit verklaar die naam haakbekkies vir hierdie spesie. Die naam word soms ook gebruik vir die visbekkie G. pubescens. Die plantjie word net 5 cm hoog, maar groei in polle wat 10 cm of meer breed word. Die blare is met silwergryse haartjies bedek. In die winter kry dit madeliefieblomme wat pers of pienk is en lank bly bloei.[2]

Verwysings

  1. "SANBI-rooilys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2014.
  2. "cactus-art" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Haaibekvygie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Haaibekvygie of haaibekkie (Gibbaeum shandii) is 'n dwergplantjie wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit word op die SANBI-rooilys as veilig (LC) gelys. Dit kom by Swellendam in die Wes-Kaap voor en groei veral op hellings wat met kwarts bedek is.

Die vetplantjie bestaan uit twee dik blaadjies. Die een is langer as die ander en saam lyk hulle op 'n haai se bek. Dit verklaar die naam haakbekkies vir hierdie spesie. Die naam word soms ook gebruik vir die visbekkie G. pubescens. Die plantjie word net 5 cm hoog, maar groei in polle wat 10 cm of meer breed word. Die blare is met silwergryse haartjies bedek. In die winter kry dit madeliefieblomme wat pers of pienk is en lank bly bloei.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF