dcsimg

Anemoonvygie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Anemoonvygie (Jordaaniella anemoniflora (L.Bolus) Van Jaarsv.) is 'n vetplantjie uit die vygiefamilie Aizoaceae. Op die SANBI-rooilys word dit as endemies aan die Suid-Afrikaanse Wes-Kaap en as "CR PE" gelys wat wil sê dat dit kritiek bedreigd, moontlik (in die wildernis) uitgestorwe is.[1]

Hierdie vygie het vanaf Macassar tot Hermanus aan die Kaap voorgekom, maar pogings om die laaste bekende populasie te red het gefaal. Die spesie is reeds in 1924 beskryf en in Kirstenbosch gekweek. Verstedeliking en ontwikkeling van die streek rondom Hermanus het die populasies van sy leefgebied ontneem. Dit word nogtans nou ook in kustuine aangeplant.[2]

Galery

Verwysings

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2014.
  2. "'n Inheemse kustuin" (in Azerbeidjans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2016.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Anemoonvygie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Anemoonvygie (Jordaaniella anemoniflora (L.Bolus) Van Jaarsv.) is 'n vetplantjie uit die vygiefamilie Aizoaceae. Op die SANBI-rooilys word dit as endemies aan die Suid-Afrikaanse Wes-Kaap en as "CR PE" gelys wat wil sê dat dit kritiek bedreigd, moontlik (in die wildernis) uitgestorwe is.

Hierdie vygie het vanaf Macassar tot Hermanus aan die Kaap voorgekom, maar pogings om die laaste bekende populasie te red het gefaal. Die spesie is reeds in 1924 beskryf en in Kirstenbosch gekweek. Verstedeliking en ontwikkeling van die streek rondom Hermanus het die populasies van sy leefgebied ontneem. Dit word nogtans nou ook in kustuine aangeplant.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF