dcsimg

Wildefrangipani ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Wildefrangipani (Voacanga thouarsii) is 'n klein tot middelslag boom wat voorkom in KwaZulu-Natal en aangrensende Oos-Kaap. Die boom groei op rande van immergroen woude en in moerasse waar hulle soms lugwortels ontwikkel. Die blare is teenoorstaande gerangskik, is lig aan die onderkant en dikwels met stippels en ligkleurige kolletjies bedek.

Blomme en vrugte

Die wit blomme is tot 4.5 cm in deursnee en verdof later tot geel. Hulle het 'n taamlike skerp geur. Die ovaalvormige, tweelingvrugte is by die basis verbind met elke lob 7 – 9 cm in deursnee. Hulle is donkergroen met liggroen stippeltjies.

Sien ook

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Wildefrangipani: Brief Summary ( Afrikaans )