dcsimg
Image of Christmas berry
» Plants » » Angiosperms »

Christmas Berry

Chironia baccifera L.

Aambeibossie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die aambeibossie[1] (Chironia baccifera) is 'n plant wat aan die wes-, suid en ooskus van Suid-Afrika voorkom. Dit staan ook bekend as die bitterbossie.

Die spesie kom voor in Noord-Kaap, Wes-Kaap en langs die kus van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal en dit is endemies in Suid-Afrika. Die SANBI-rooilys gee dit 'n status veilig (LC).[2]

Dit is 'n vertakte, ronde struikie tot 8 cm hoog. Die plant het klein, dun, donkergroen blaartjies met krom punte. Dit dra massas steragtige blomme van Februarie tot Augustus wat pienk tot purperrooi is met geel harte. Die plant dra ook helderrooi bessies wat gedurende Kerstyd ryp word.

Eienskappe

Die plant verkies om op duine te groei en is uiters giftig vir vee.

Die Khoikhoi het reeds hierdie plant vir sy medisinale eienskappe gewaardeer en die Boere het dit oorgeneem. Dit is veral as purgeermiddel gebruik. Infusies en tinkture is teen talle kwale gebruik, veral teen aambeie, en dit verklaar die Afrikaanse naam. Maar ander siektes is ook daarmee beveg, soos melaatsheid, sifilis en blaasontstekings.[3]

Fotogalery

Bronne

  1. Dit word ook agdaegeneesbos, baaibos, barsbessie, bitterbos, bloedsuiweringsbossie, kalwerbos, kersfeesbessie, lymbos, meidjiejanwillem, meidjiejanwillemse, meidjiewillemse, oondbossie, perdebossie, soontjie-se-bos of tandpynbos genoem. Daar is ander spesies, soos Pulicaria scabra, Dicoma anomala of Aerva leucura wat ook aambeibossie genoem word.
  2. "SANBI" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020.
  3. "PlantZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2016.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Aambeibossie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die aambeibossie (Chironia baccifera) is 'n plant wat aan die wes-, suid en ooskus van Suid-Afrika voorkom. Dit staan ook bekend as die bitterbossie.

Die spesie kom voor in Noord-Kaap, Wes-Kaap en langs die kus van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal en dit is endemies in Suid-Afrika. Die SANBI-rooilys gee dit 'n status veilig (LC).

Dit is 'n vertakte, ronde struikie tot 8 cm hoog. Die plant het klein, dun, donkergroen blaartjies met krom punte. Dit dra massas steragtige blomme van Februarie tot Augustus wat pienk tot purperrooi is met geel harte. Die plant dra ook helderrooi bessies wat gedurende Kerstyd ryp word.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF