dcsimg
Image of Wagon tree
» Plants » » Angiosperms »

Wagon Tree

Protea nitida Mill.

Waboom ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die waboom (Protea nitida) – voorheen Protea arborea – is die proteaspesie wat die volopste voorkom in die winterreënvalgebied. Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes- en Oos-Kaap voor vanaf die Bokkeveldeskarp, Kaapse Skiereiland tot by die Winterhoekberge in die Oos-Kaap. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[1] Die plant word tot 5 m hoog maar spesies van 9 m bestaan. Dit is die enigste protea spesie wat groot genoeg word sodat die hout gebruik kan word. Dit blom regdeur die jaar met die hoogtepunt van Mei tot Augustus.

Die plant spruit weer uit na dit gebrand het. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in vlak sandsteengrond of krake in rots op hoogtes van 0 - 1 200 m.

Die waboom het sy naam te danke aan die Voortrekkers wat die boom se hout gebruik het om ossewaens te maak. Die hout van die boom het nie reguit vesels nie, maar is inmekaar gevleg. Dit maak die hout besonder sterk. Verskeie onderdele van 'n ossewa, soos die wa-wielvellings word hiervan gemaak.

Die Protea nitida staan ook bekend as die blousuikerbos, bobbejaansuikerbos of brandhout. Die boom se nasionale nommer is 86[2].

Fotogalery

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Waboom: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die waboom (Protea nitida) – voorheen Protea arborea – is die proteaspesie wat die volopste voorkom in die winterreënvalgebied. Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes- en Oos-Kaap voor vanaf die Bokkeveldeskarp, Kaapse Skiereiland tot by die Winterhoekberge in die Oos-Kaap. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Die plant word tot 5 m hoog maar spesies van 9 m bestaan. Dit is die enigste protea spesie wat groot genoeg word sodat die hout gebruik kan word. Dit blom regdeur die jaar met die hoogtepunt van Mei tot Augustus.

Die plant spruit weer uit na dit gebrand het. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in vlak sandsteengrond of krake in rots op hoogtes van 0 - 1 200 m.

Die waboom het sy naam te danke aan die Voortrekkers wat die boom se hout gebruik het om ossewaens te maak. Die hout van die boom het nie reguit vesels nie, maar is inmekaar gevleg. Dit maak die hout besonder sterk. Verskeie onderdele van 'n ossewa, soos die wa-wielvellings word hiervan gemaak.

Die Protea nitida staan ook bekend as die blousuikerbos, bobbejaansuikerbos of brandhout. Die boom se nasionale nommer is 86.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF