dcsimg

Hartblaargrondsuikerbos ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Hartblaargrondsuikerbos (Protea cordata) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor vanaf die Kogelberg en Du Toitskloofberge tot by Bredasdorp, Riviersonderend en die Langeberg. Die plant word 30 cm in deursnee en 50 cm hoog en blom van Junie tot Julie.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte en muise. Die plant groei die beste in Sederberg-skalie op hoogtes van 0 - 1 200 m.

In Engels staan dit as die Heart-leaf sugarbush bekend.

Galery

Sien ook

Bronne

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Hartblaargrondsuikerbos: Brief Summary ( Afrikaans )