dcsimg

Groenhofiesuikerbos ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Groenhofiesuikerbos (Protea coronata) is 'n groot blomdraende struik wat aan die bekende Protea-genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Kaapse Skiereiland, Du Toitskloofberge tot Kogelberg, Riviersonderendberge, Bredasdorpberge, Potberg, Langeberg en die Outeniquaberge. Die struik groei regop, word 2 - 3.0 m hoog en blom van April tot September met die hoogtepunt in Mei tot Junie.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in swaar, kleigrond in gebiede waar daar hoë reënval is op hoogtes van 200 - 750 m.

Die boom se nasionale nommer is 91.1[1]. In Engels staan dit as die Green sugarbush bekend.

Galery

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Groenhofiesuikerbos: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Groenhofiesuikerbos (Protea coronata) is 'n groot blomdraende struik wat aan die bekende Protea-genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Kaapse Skiereiland, Du Toitskloofberge tot Kogelberg, Riviersonderendberge, Bredasdorpberge, Potberg, Langeberg en die Outeniquaberge. Die struik groei regop, word 2 - 3.0 m hoog en blom van April tot September met die hoogtepunt in Mei tot Junie.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in swaar, kleigrond in gebiede waar daar hoë reënval is op hoogtes van 200 - 750 m.

Die boom se nasionale nommer is 91.1. In Engels staan dit as die Green sugarbush bekend.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF