dcsimg
Image of Protea eximia (Knight) Fourc.
» Plants » » Angiosperms »

Protea eximia (Knight) Fourc.

Breëblaarsuikerbos ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Breëblaarsuikerbos (Protea eximia) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom voor in Keeromsberg naby Worcester, langs die Langeberg, Outeniekwa- en Tsitsikammaberge tot by Van Stadensberg naby Port Elizabeth. Dit word ook gevind op die Waboomsberg, Rooiberg, Swartberg, Kamanassieberge en Kougaberge, asook Strydomsberg. Die plant is regop en word 5 m hoog en blom van Julie tot Desember met die hoogtepunt van Augustus tot Oktober.

Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sandsteen en kwartsietgrond op hoogtes van 0 - 1 000 m.

Hierdie boom se nasionale nommer[1] is 88.3. In Engels staan dit as die Broad-leaf sugarbush bekend.

Galery

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Breëblaarsuikerbos: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Breëblaarsuikerbos (Protea eximia) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom voor in Keeromsberg naby Worcester, langs die Langeberg, Outeniekwa- en Tsitsikammaberge tot by Van Stadensberg naby Port Elizabeth. Dit word ook gevind op die Waboomsberg, Rooiberg, Swartberg, Kamanassieberge en Kougaberge, asook Strydomsberg. Die plant is regop en word 5 m hoog en blom van Julie tot Desember met die hoogtepunt van Augustus tot Oktober.

Die plant gaan dood nadat dit gebrand het maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sandsteen en kwartsietgrond op hoogtes van 0 - 1 000 m.

Hierdie boom se nasionale nommer is 88.3. In Engels staan dit as die Broad-leaf sugarbush bekend.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF