dcsimg

Sneeugrondsuikerbos ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Sneeugrondsuikerbos (Protea lorea) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Protea genus. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Wemmershoekberge tot die Kogelberg, Riviersonderendberge, Langeberg, Ceres en Caledon. Die struik vorm 'n mat van 1.0 m in deursnee. Dit blom van Januarie tot Februarie.

Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die saad word een tot twee jaar nadat blomme gevorm is, vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind moontlik plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei in die middel van hellings in sandsteengrond op hoogtes van 450 - 650 m.

In Engels staan dit as die Thong-leaf Sugarbush bekend.

Sien ook

Bronne

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Sneeugrondsuikerbos: Brief Summary ( Afrikaans )