dcsimg

Opregte suikerbos ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Opregte suikerbos (Protea repens) is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap en Oos-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig'(LC) gelys.[1] Die plant groei regop en word 4.5 m in hoog. Die plant blom regdeur die jaar en die plante van die Wes-Kaap se hoogtepunt is van Mei tot Oktober en dié van die Oos-Kaap se hoogtepunt is September tot Maart.

Dit groei in die winterreënvalstreke as 'n struik of 'n klein boompie. Dit kom voor vanaf seevlak tot so hoog as 2 000 m. Die boom word ongelukkig dikwels uitgeroei wanneer bewerkbare grond op laagliggende berghellings voorberei word vir boerderydoeleindes. Die plant oor leef nie 'n brand nie maar die sade wel, dit is egter ook die eerste plant wat sal groei in die veld wat deur vuur verwoes is.

Die blomme is so ryk aan nektar dat dit as 'n wolkie uitgeskud kan word. Die nektar kan gekook word tot suikerbosstroop, 'n soet en strelende hoesmiddel. As dit lank genoeg gekook word, word dit suiker.

Die boom se nasionale nommer is 94.2[2].

Galery

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Opregte suikerbos: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Opregte suikerbos (Protea repens) is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap en Oos-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig'(LC) gelys. Die plant groei regop en word 4.5 m in hoog. Die plant blom regdeur die jaar en die plante van die Wes-Kaap se hoogtepunt is van Mei tot Oktober en dié van die Oos-Kaap se hoogtepunt is September tot Maart.

Dit groei in die winterreënvalstreke as 'n struik of 'n klein boompie. Dit kom voor vanaf seevlak tot so hoog as 2 000 m. Die boom word ongelukkig dikwels uitgeroei wanneer bewerkbare grond op laagliggende berghellings voorberei word vir boerderydoeleindes. Die plant oor leef nie 'n brand nie maar die sade wel, dit is egter ook die eerste plant wat sal groei in die veld wat deur vuur verwoes is.

Die blomme is so ryk aan nektar dat dit as 'n wolkie uitgeskud kan word. Die nektar kan gekook word tot suikerbosstroop, 'n soet en strelende hoesmiddel. As dit lank genoeg gekook word, word dit suiker.

Die boom se nasionale nommer is 94.2.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF