dcsimg

Wolkwassie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die wolkwassie (Sorocephalus capitatus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Sorocephalus behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Piketberg en Onderboskloof in die Koue Bokkeveld.

Die struik word slegs 80 cm hoog, neig om uit te sprei en blom van September tot Februarie. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sanderige kolle tussen sandsteen op hoogtes van 910 - 1200 m.

In Engels staan die struik as die Woolly clusterhead bekend.

Sien ook

Bronne

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Wolkwassie: Brief Summary ( Afrikaans )