dcsimg

Dowwekwassie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die dowwekwassie (Sorocephalus palustris) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Sorocephalus behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap waar dit op die Kogelberg voorkom. Die plant was as uitgesterf beskou en in 1984 laas gesien. Baie min inligting is beskikbaar van die spesie.

Die struik blom vanaf Februarie. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in veenagtige gronde op hoogtes van 1050 - 1200 m.

In Engels staan die struik as die Mat clusterhead bekend.

Sien ook

Bronne

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Dowwekwassie: Brief Summary ( Afrikaans )