dcsimg

Suurpruim ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Suurpruim (Ximenia caffra) is 'n klein boom of struik wat aan die familie Olacaceae behoort. Dit is inheems aan alle tropiese streke, in besonder aan gebiede van Suid-Oos-Afrika, hoofsaaklik Kenia, Malawi, Mosambiek, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.[1] In Engels staan dit as die "Sourplum" bekend, in Noord-Sotho is dit die "Morokologa" en in Zoeloe die "Umthunduluka-obomvu".

Die suurpruim dra jaarliks vrugte. Die vrugte is oor die algemeen suur met 'n droë nasmaak, maar bevat groot hoeveelhede kalium.[2] Die boom self is redelik gehard: dit is bestand teen ryp en ook droogtebestand.

Die boom, vrugte, saad, blare, en wortels is al vir menslike verbruik aangewend, hoofsaaklik medisinaal of vir brandstof. Die bome kan ook vir verskansing en heinings aangewend word.

Sien ook

Verwysings

  1. C, Orwa, Mutua A, Kindt R, Jamnadass R, and Simons A. "Ximenia Caffra." Agroforestree Database: A Tree Reference and Selection Guide Version 4.0. 2009. http://www.worldagroforestry.org/treedb2/AFTPDFS/Ximenia_caffra.pdf
  2. Ndhlala, A.R., Muchuweti, M., Mupure, C., Chitindingu, K., Murenje, T., Kasiyamhuru, A., Benhura, M.A. (2008) Phenolic content and profiles of selected wild fruits of Zimbabwe: Ximena caffra, Artobotrys brachypetalus and Syzygium cordatum. International Journal of Food Science and Technology, Vol. 43, p 1333-1337.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Suurpruim: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Suurpruim (Ximenia caffra) is 'n klein boom of struik wat aan die familie Olacaceae behoort. Dit is inheems aan alle tropiese streke, in besonder aan gebiede van Suid-Oos-Afrika, hoofsaaklik Kenia, Malawi, Mosambiek, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Engels staan dit as die "Sourplum" bekend, in Noord-Sotho is dit die "Morokologa" en in Zoeloe die "Umthunduluka-obomvu".

Die suurpruim dra jaarliks vrugte. Die vrugte is oor die algemeen suur met 'n droë nasmaak, maar bevat groot hoeveelhede kalium. Die boom self is redelik gehard: dit is bestand teen ryp en ook droogtebestand.

Die boom, vrugte, saad, blare, en wortels is al vir menslike verbruik aangewend, hoofsaaklik medisinaal of vir brandstof. Die bome kan ook vir verskansing en heinings aangewend word.

 src=

Takke met vrugte

 src=

Ryp en groen vrugte

 src=

Ryp vrugte

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF