dcsimg

Goudtrompet ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die goudtrompet (Solandra guttata) behoort tot die blomfamilie Solanaceae. Die genus Solandra bestaan uit vier immergroen rankplante wat net in warmer streke kan groei. Hulle is veral geskik om hoe heinings, boomstompe, traliewerk en mure te bedek.

Die goudtrompet (Solandra guttata) is een van die vier immergroen rankplante van die genus Solandra. Hierdie plant kom oorspronklik uit Meksiko en rank minder weelderig as die nou verwante Solandra grandiflora, wat uit Jamaika kom. Die goudtrompet rank selde hoër as drie meter. Die plant het bres, ellipsvormige blare wat tot 15 cm lank kan word. Die blare het 'n leeragtige tekstuur en is glimmend groen aan die bokant en dofgroen, met 'n donserigheid, aan die onderkant.

Die blomkelke is buisvormig en donserig en word tot 7 cm lank. Die blomkrone, daarenteen, is tregtervormig en word tussen 10 en 15 cm lank. Die lobbe van hierdie kroonblare is 'oopgesprei en omgekrul. Die blomme is liggeel met pers strepe. Die goudtrompet blom gewoonlik in die laat winter en die lente. Die plant het heelwat kompos en kraalmis nodig, en voldoende water is veral gedurende die bloeityd baie belangrik. Die plant kan gesnoei word om dit in die gewenste rigting en vorm te laat rank.

Dit het baie sonskyn nodig. Nuwe goudtrompetplante kan verkry word deur steggies van blomlote te maak, maar die saad wat in die ronde veselagtige vruggies voorkom, kan ook gebruik word. Plante wat van saad gekweek word, sal langer neem om te blom as die wat van steggies gekweek word. Ander bekende spesies is die Solandra hartwegii, Solandra grandiflora en Solandra nitida.

Bronnelys

  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN, 0908409494 band

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Goudtrompet: Brief Summary ( Afrikaans )