dcsimg
Image of Bermuda buttercup
» Plants » » Angiosperms »

Bermuda Buttercup

Oxalis pes-caprae L.

Suring ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

'n Suring (Latynse naam: Oxalis pes-caprae) is 'n plant wat aan die familie klawersurings (Oxalidaceae) behoort. Dit is meerjarig en word 5-15 cm hoog. Die plant bloei jaarliks van Desember tot Mei. Dit is inheems aan Suid-Afrika.

Hulle het ʼn wêreldwye verspreiding en die bekendste lede van die familie is die surings ( genus Rumex). Baie suringagtiges is onkruide. Die suringorde (orde Polygonales) bestaan uit slegs een familie, die suring- of bokwietfamilie (familie Polygonaceae).

Hoewel die suringagtiges tweesaadlobbige plante is, is hulle duidelik in 'n groot aantal litte en knope verdeel. Die blare is afwisselend gerangskik en aan die basis van elke blaar is daar 'n kokervormige steunblaartjie, bekend as die ochrea, wat die stingel om ring. Nog 'n kenmerk van eensaadlobbiges wat by die suringagtiges aangetref word, is dat die blomme drietallig is, met ander woorde die kelk en die kroon bestaan elk uit 3 dele.

Die kelk- en kroonblare lyk ongeveer dieselfde en vorm saam 'n blomdek of periant. Die blomme is meestal baie klein en onopvallend en is normaalweg in pluime of are gerangskik. Die meeste lede van die familie word in die gematigde dele van die Noordelike Halfrond aangetref, maar die familie as geheel het ʼn wêreldwye verspreiding. Ongeveer 30 genera met altesaam ongeveer 800 spesies word aangetref.

Die bekendste lede van die familie is waarskynlik die surings (genus Rumex), wat algemeen as onkruide aangetref word. Ook spesies van die genus Polygonum word dikwels as onkruide beskou. Die spesies van altwee bogenoemde genera word dikwels naby water aangetref.

Kommersieel belangrike plante wat tot hierdie familie behoort, is die bokwiet (Fagopyrum esculentum), wat veral vroeër vir sy saad gekweek is en rabarber (Rheum rhaponticum X Rheum rhabarbarum) ʼn groentesoort. Lede van die familie Oxalidaceae staan ook algemeen as surings bekend, maar behoort tot 'n ander, nie-verwante orde.

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Suring: Brief Summary ( Afrikaans )

Wiki20140113-Oxalis-pes-caprae1.jpg  src=

Die blom.

 src=

Wortel met knolle.

 src=

'n Groep plante.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF