dcsimg
Image of Moraea tripetala (L. fil.) Ker Gawl.
» Plants » » Angiosperms »

Moraea tripetala (L. fil.) Ker Gawl.

Perde-uintjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die perde-uintjie[1] (Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl.) is 'n geofiet wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Wes-Kaap voor.[2]

SANBI onderskei tussen drie subspesies:

  • Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. tripetala
  • Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. jacquiniana (Schltr. ex G.J.Lewis) Goldblatt & J.C.Manning
  • Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. violacea Goldblatt & J.C.Manning

Die laaste subspesie kom op kleigrond in die renosterveld van Ceres tot Worcester en Barrydale voor en is 'amper bedreigd' (NT).[3] Die ander twee subspesies is as 'veilig' (LC) gelys.

Hierdie plant is slank en 10 – 50 cm hoog met een of meer vertakkings. Dit het enkelvoudige blare wat uit die bodem groei. Die blomme het drie opvallende buitenste blomblare. Die ander blomblare is sterk in grootte verminder. Die blomme is reukloos en word deur bye besoek.[4]

Fotogalery

Verwysings

  1. ook: bloutulp, dwergtulp, kleinuintjie
  2. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2015.
  3. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2015.
  4. "PlantZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2015.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Perde-uintjie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die perde-uintjie (Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl.) is 'n geofiet wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Wes-Kaap voor.

SANBI onderskei tussen drie subspesies:

Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. tripetala Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. jacquiniana (Schltr. ex G.J.Lewis) Goldblatt & J.C.Manning Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl. subsp. violacea Goldblatt & J.C.Manning

Die laaste subspesie kom op kleigrond in die renosterveld van Ceres tot Worcester en Barrydale voor en is 'amper bedreigd' (NT). Die ander twee subspesies is as 'veilig' (LC) gelys.

Hierdie plant is slank en 10 – 50 cm hoog met een of meer vertakkings. Dit het enkelvoudige blare wat uit die bodem groei. Die blomme het drie opvallende buitenste blomblare. Die ander blomblare is sterk in grootte verminder. Die blomme is reukloos en word deur bye besoek.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF