dcsimg
Image of African weeping-wattle
» Plants » » Angiosperms »

African Weeping Wattle

Peltophorum africanum Sond.

Huilboom ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Huilboom (Peltophorum africanum) is 'n boom wat tot middelgroot kan word. Die boom is dikwels twee- of driestammig by die basis vertak. Dit kom wydverspreid in KwaZulu-Natal, Gauteng en verder noordwaarts voor. Dit verkies bosryke grasveld en vleirande om op te groei. Die boom het varingagtige steunblare van ongeveer 10 mm lank aan die basisse van die blaarstele op die jong lote. Die blomme bestaan uit heldergeel blomtakkies van tot 15 cm lank. Dit dra ook peule van sowat 10 x 2 cm wat vir maande aan die boom bly. In Engels staan die boom bekend as African weeping wattle.

Reënboom

 src=
Ptyelus grossus-skuimbesies

Hierdie boom is een van die bome wat in Afrika as reënbome bekendstaan. In die lentemaande drup daar soms water van dié bome se takke. Die verskynsel word veroorsaak deur 'n klein insek wat die skuimbesie Ptyelus grossus genoem word. Onvolwasse skuimbesies pak saam op die jong lote en verkry hul voedsel deur die sap te suig. Terwyl hul sap inneem, skei die insekte suiwer water af wat die reën of gehuil veroorsaak.

Fotogalery

Sien ook

Bronne

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Huilboom: Brief Summary ( Afrikaans )