dcsimg
Image of Drumming Katydid
» Animals » » Arthropods » » Hexapods » Insects » Winged Insects »

Grasshoppers And Relatives

Orthoptera

Orthoptera ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Orthoptera is 'n besonder groot orde met meer as 20 000 bekende spesies sprinkane en krieke. Sommige het kort voelhorings en behoort tot die suborde Caelifera (kortsprietsprinkane: gewone sprinkane en 'n familie dwergkrieke); ander het voelhorings wat langer as hul liggaam is en behoort tot die suborde Ensifera (langsprietsprinkane: koringkrieke en verskeie ander soorte krieke).

Sprinkane is die lede van die orde wat baie goed kan spring, maar die meeste spesies kan nie ver vlieg nie. Hulle kan ver spring met hul sterk agterpote en baie soorte kan ook vlieg. Sprinkane wat in swerms vlieg, word treksprinkane genoem.

Algemeen

Sprinkane se lengte wissel van 10 tot 110 mm. Hulle kom in baie kleure voor, soms selfs groen en bruin in dieselfde spesie. Sommige het helder kleure om roofdiere te waarsku dat hulle giftig of onsmaaklik is. Suid-Afrika se bekende groen-en-rooi melkbossprinkaan is giftig omdat dit giftige melkbosse vreet.

Die gehoorsintuie is aan die sykante van die eerste agterlyfsegment. Die meeste sprinkane striduleer (sing) deur 'n vyl aan die agterpote teen die voorvlerke te skuur.

Die meeste kortsprietsprinkane lê hul eiers in pakkies in die grond, soms tot 100 mm diep. Die wyfies het 'n lêboor wat aangepas is om te grawe. Die eierpakkies kan van tientalle tot meer as honderd eiers bevat. Baie soorte se eiers maak 'n diapouse deur om die winter of droogtes te oorleef. Wanneer die weerstoestande reg is, broei die eiers uit. Die nimfe, soos die larwes van hemimetaboolinsekte genoem word, is aanvanklik voetgangers. Hulle ondergaan tydens hul ontwikkeling vyf tot sewe vervellings en elke volgende stadium is groter as die vorige, met langer vlerkstompies.

Die laaste vervelling lei tot die volwasse stadium. Die jong volwassene het enigiets van dae tot weke nodig om geslagsryp te word. Soorte met 'n diapouse in die volwasse stadium neem selfs maande daarvoor.

 src=
Wyfie van die groot groen sabelsprinkaan, Tettigonia viridissima

Die lewensiklus van die langsprietsprinkaan is soortgelyk aan bogenoemde, maar die eiers word dikwels op of in plante gelê. Die wyfies het 'n sabelvormige lêboor.

Op baie plekke in die wêreld word sprinkane geëet. Hulle is 'n goeie bron van proteïen. Soldate word dikwels aangeraai om sprinkane te vang en te eet indien hulle sou verdwaal en die voedsel opraak.

Treksprinkane kan geweldige skade aan oeste aanbring.

Daar is ongeveer 650 spesies in Suid-Afrika, waarvan vier treksprinkane is. In Suider-Afrika word drie treksprinkane in drie soorte habitats aangetref: By die opbougebied bou die digthede van die alleenlopers op; die swerms ontwikkel in die permanente tuisgebied en val dan gereeld die invalsgebied binne. Die permanente tuisgebiede val grotendeels in die droë sentrale gedeeltes van Suid-Afrika en Suid-Namibië.

Sommige sprinkane maak 'n kenmerkende geluid deur stridulasie (vryf hul pole en/of vlerke teenmekaar). Die spesies het ook gehoororgane. Sprinkane vlieg oor die algemeen nie goed nie, en hulle gebruik hul vlerke eerder as hulpmiddel om verder te spring. Die treksprinkane is egter ’n uitsondering, want hulle kan ure aaneen vlieg.

Sommige sprinkaangroepe se vlerke is egter gereduseer, terwyl dit by ander heeltemal afwesig is. Sprinkaanpote het meestal ’n aantal stekels aan die agterkant, terwyl die derde paar looppote (springpote) besonder goed ontwikkel is. Dit het breë, lang dye (weens die sterk springspiere) met lang, slanke skene wat hulle in staat stel om baie ver te spring.

Die agterlyf (abdomen) bestaan gewoonlik uit 10 segmente. ’n Paar aanhangsels (serkusse) word aan die laaste segment aangetref. Die mannetjies gebruik dit tydens paring, maar dié van die wyfie is verklein. Wyfiesprinkane se negende en tiende agterlyfsegment is aangepas om ’n lêboor te vorm, wat gebruik word om holtes in die grond te boor waarin die eiers gelê word. Die lêboor is by sommige ondergrondlewende spesies afwesig.

Die suborde Caelifera se lêboor bestaan uit slegs twee paar aanhangsels, terwyl 'n derde paar gereduseer is. Hul paring word deur 'n uitgerekte vertoning voorafgegaan. Die wyfie grawe daarna 'n holte in die grond met haar agterlyf, wat baie lank kan uitrek, en lê die eiers onder die oppervlak. Die lêboor van die suborde Ensifera bestaan uit drie paar baie lang aanhangsels (in sommige gevalle langer as die liggaam). Tydens paring bevrug die mannetjie die wyfie met spermpakkies (spermatofore) en die eiers word kort hierna op plante of in die grond gelê. 'n Aantal families krieke behoort ook tot die suborde. Die jong sprinkane lyk baie soos hul ouers, hoewel hulle nie vlerke of geslagsorgane het nie; dié ontwikkel tydens vervellings.

Ná die laaste vervelling is die insek volwasse en groei hy nie verder nie. Die sprinkaan se dieet wissel baie. Kortsprietsprinkane is in die reël plantetend, maar baie langsprietsprinkane is omnivore. Sprinkane het baie natuurlike vyande, want ’n groot deel van hul eiers is die prooi van kewerlarwes en ander insekte, terwyl volwasse sprinkane deur reptiele, voëls en klein soogdiere gejag word.

Kamoeflering

Die kleur en vorm van baie sprinkane pas goed by hul omgewings in. Sommige langsprietsprinkane het 'n groen kleur en hul vlerke lyk soos jong blare. Sommige Suid-Amerikaanse spesies het selfs nagebootste skimmelspore op hul vlerke, en indien hulle skrikgemaak word, verskyn daar oogvlekke op die agterpunte. Ander spesies het weer lang, dun liggaamsdele, wat meebring dat hulle baie soos takke lyk. Die meeste kortsprietsprinkane het bepaalde kleurpatrone op hul lywe, wat hulle teen 'n bepaalde agtergrond verberg.

Stridulasie

Baie sprinkaanspesies kan 'n kenmerkende skerp "tjirp"-geluid voortbring. Dit word veral deur die mannetjies gedoen en is baie kenmerkend van die verskillende spesies, veral wat toonhoogte, ritme, ensovoorts betref. Die geluide word tydens paring gebruik, maar mannetjies bring dit ook voort wanneer hulle met mekaar meeding.

Die geluide word slegs in warm weersomstandighede gemaak en die patroon, asook ritme daarvan, is van die temperatuur afhanklik. Die voortbring van die geluide word stridulasie genoem en die klanke word op verskillende maniere geproduseer. Langsprietsprinkane beweeg die voorste vlerkpaar se basisse oormekaar, en dit bring mee dat 'n struktuur met dwars groewe op die een vlerk oor 'n kamvormige struktuur op die ander vlerk geskuur word. Die vibrasies word verder versterk deur 'n vlies wat styf onder die vlerkpaar gespan is om 'n hoë, helder geluid voort te bring. Die geluid is die hardste by krieke, wat tot dieselfde orde as langsprietsprinkane behoort.

Baie kortsprietsprinkane produseer 'n sagter en dowwer geluid deur hul springpootdye teen 'n uitstekende aar op die eerste paar vlerke te vryf. 'n Aantal ander meganismes word deur sommige spesies gebruik om klank voort te bring. Sommige spesies kortsprietsprinkane gebruik hul springpootheupe (koksas) terwyl ander knetterende geluide met hul agtervlerke maak. Ander sprinkane maak weer knersgeluide met hul kake. Die spesies wat geluide maak, het ook gehoororgane. Die langsprietsprinkaan het 'n timpaanorgaan in die voorste paar pote. Die orgaan bestaan uit 'n spleet wat met ’n trommelvlies bedek en oor ’n trommelholte gespan is. Die vlies dra alle vibrasies in die lug aan senuweeselle oor en die posisie van 'n klankbron kan presies bepaal word deur albei voorpote te gebruik.

Bronne

  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-67-2, volume 26, bl. 126
  • Erik Holm en Elbie de Meillon, Insekte, Struik Uitgewers, Kaapstad, 1987.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Orthoptera: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Orthoptera is 'n besonder groot orde met meer as 20 000 bekende spesies sprinkane en krieke. Sommige het kort voelhorings en behoort tot die suborde Caelifera (kortsprietsprinkane: gewone sprinkane en 'n familie dwergkrieke); ander het voelhorings wat langer as hul liggaam is en behoort tot die suborde Ensifera (langsprietsprinkane: koringkrieke en verskeie ander soorte krieke).

Sprinkane is die lede van die orde wat baie goed kan spring, maar die meeste spesies kan nie ver vlieg nie. Hulle kan ver spring met hul sterk agterpote en baie soorte kan ook vlieg. Sprinkane wat in swerms vlieg, word treksprinkane genoem.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Orthoptera ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los ortópteros (Orthoptera, del griegu ορθός orthós, "rectu, derechu", y de πτερον pteron, "nales") son un orde d'inseutos hemimetábolos, con aparatu bucal mazcador. L'orde de los ortópteros tien unes 19 000 especies,[1] la mayoría tropicales, pero distribuyíes por tol planeta. Pertenecen a esti orde los saltapraos, grillos, llagostes, y el alacrán cebolleru. El mayor ortópteru viviente ye'l grillu xigante de Nueva Zelanda llamáu weta. Yá nel Carboníferu y el Pérmicu atópense restos fósiles de protortópteros, algamando'l so desenvolvimientu nel mesozoicu (Protogryllus).

Morfoloxía

"
Morfoloxía de los ortópteros.

La cabeza ye polo xeneral grande y redonda, dacuando cónica (Acrida), abondo móvil nel protórax, hipognata, con un robustu aparatu mazcador; los palpos maxilares tán constituyíos por cinco segmentos, los llabiales por trés. Los güeyos compuestos son hemisféricos o hemiovoidales. De cutiu tán presentes trés ocelos. Les antenes, ensertaes ente los güeyos, son filiformes, escasamente pectinadas. Esisten en distintes proporciones. El protórax ye siempres más grande que los demás segmentos, y presenta un ampliu pronoto que s'estiende escontra tras, dacuando entepasando la estremidá del abdome y dóblase lateralmente hasta cubrir por completu les pleuras protorácicas. El mesotórax, el metatórax y el primer segmentu del abdome atópense soldaos ente sigo. Les nales anteriores (Tegminas) son estreches, allargaes, del mesmu color que'l restu del cuerpu y coles nervaduras ondulaes.

Les nales posteriores son membranoses, tresparentes o coloriaes, amplies debíu al desenvolvimientu de la rexón añal. El tercer par de pates atópase afechu pal saltu, con tibies y fémures allargaos. El primera y segundu par de similares, sacante n'especies escavadores (Gryllotalpidae) Na mayoría de los Ensifera, asítiase na base de les tibies anteriores l'órganu timpánico llendes de recepción auditiva, carauterística única ente los órdenes d'inseutos. Les pates posteriores atópense de cutiu dotaes d'espolones pa torgar qu'esnidien pol sustrato. En munches especies de Caelifera, la superficie interna de los fémures posteriores ta provista d'una serie llonxitudinal de tubérculos que contribúin a la formación del aparatu estridulador. Los tarsos tán constituyíos por un númberu variable de segmentos (D'unu a cuatro) Cada segmentu lleva inferiormente un par de cojincillos (pulvilos); nel ápice de cada tarsu ta ensertáu un pequeñu pretarso con dos uñes y frecuentemente presenta un lóbulu (ariola)

El abdome ye allargáu, cilíndricu, constituyíu típicamente de 11 segmentos. Estos presenten movilidá gracies a la presencia d'una membrana intersegmental. Los tergitos atópense más desenvueltos que los esternitos. El novenu y el décimu segmentu nun formen un aniellu completu, polo que los esternitos rellacionaos modificar de tal manera que se formen los xenitales esternos. L'undécimu segmentu arrodia l'apertura añal y presenta el tergito modificáu pa formar la llámina supranal (Epiprocto) ente que'l décimu esternito constitúi dos lóbulos llaterales (paraproctos). L'últimu esternito visible, el novenu en machos y l'octavu en femes, ye desenvueltu y constitúi la placa subgenital.

El aparatu reproductor masculín consta de dos testículos formaos por una vasta cantidá de folículos tubulares. Fundir nun ducto eyaculador, en que'l so tramu inicial desagüen unes canales con función de visícules seminales y glándules accesories. L'aparatu copulador (aedagus) atópase constituyíu por dos pares de lóbulos membranosos, sobre los cualos ensertar unu o más pares de escleritos estrechos y allargaos (titiladores) L'aparatu reproductor femenín consta de dos ovarios, constituyíos de ovariolas panoísticas enllantaos sobre dos oviductos. Les femes tienen un ovipositor desenvueltu y formáu por trés pares de cáscares, llamaes pola so posición ventrales, internes y dosales.

"
Ortópteru del estáu d'Hidalgo, Méxicu, que'l so nome vulgar ye chapulín

Comportamientu

Los ortóperos reprodúcense sexualmente, anque se reportaron casos de partenogénesis (Saga, Myrmecophila) En delles especies l'acoplamientu realizar ensin nengún cortexu preliminar. Al llegar a unos cuantos centímetros de la fema, el machu intenta enferronala pol envés; la fema respuende agresivamente, anque se repararon contactos recíprocos en palpos y antenes. Otres especies atraen a la fema al traviés de soníos. Munches especies atraen a les femes con feromones. El machu ellabora un espermatóforo de forma, estructura y dimensiones variables: globosa (Ensifera) o tubular (Caelifera)

Na mayoría de les especies la ovoposición ta llindada a un curtiu periodu, asitiáu a finales del branu. Delles especies ovopositan en primavera, ente que les formes antropófilas pueden ovopositar cualquier dómina del añu. Los güevos son llevaos a llugares protexíos: debaxo de la corteza de los árboles, l'interior de texíos vexetales o debaxo del suelu. El primer actu d'una fema que se preparar a ovopositar ye'l d'escoyer el sustrato más aparente colo que s'empón por estímulos visuales, olfativos, táctiles, etc. tales como la consistencia del texíu vexetal, compactibilidad, pH del suelu, feromones de disgregación d'otres femes, etc. Los güevos son depositaos en montones y somorguiaos nuna secreción esplumosa que solidifica col aire, formando asina una ooteca.

Una de les carauterístiques más notables de los ortópteros ye la estridulación. Nos Ensifera, el soníu ye producíu pol frotamiento recíprocu de los dos tegminas, onde delles partes tán especializaes pa formar el arquito, el plectro y el espeyu o tambor, que constitúin l'órganu estridulador. El arquito atópase formáu por una serie de dientes alcontraos na superficie ventral de la nervadura añal. El plectro ta representáu por un enanche del marxe de tegminas a nivel de les nervaduras axilares. L'espeyu correspuende a una área amplia de les tegminas de forma semicircular y sostenida pelos marxes de les nervaduras. Sicasí, nos Caelifera atópense distintes adaptaciones a la estridulación: dalgunos presenten un órganu estridulador formáu por una serie de plaques rugosas asitiaes a lo llargo del tergito abdominal (órganu de Krauss) y por una serie de tubérculos allugaos sobre la superficie interna de los fémures posteriores, que provoquen soníu por frotamiento de dambes estructures anatómiques. N'otres especies, l'órganu estridulador ta constituyíu por una serie de tubérculos apuntiaos allugaos en pastiar superior de los fémures, que son estregaos coles tegminas. N'otros casos, dichos tubérculos atopen sobre les tegminas y non nos fémures. La estridulación tien como fin la comunicación ente individuos de la mesma especie y/o distintu sexu.

El gregarismo constitúi un fenómenu común en munchos ortópteros. Esisten especies onde esti comportamientu manifestar a la so máxima espresión a tal manera que, transladándose nel suelu (Ninfes) o volando (Adultos) destrúin tola vexetación al so pasu, provocando munches vegaes daños incalculables a les colleches. Exemplos d'especies migratories nocives son la llagosta migratoria (Locusta migratoria), Locustana pardalina, la llagosta del desiertu (Schistocerca gregaria) y Nomadacris septemfasciata. Na dómina del Éxodu, asumir qu'hubo una plaga de llagosta del desiertu (Schistocerca gregaria). Nos años 1873, 1874 y 1875, grupos inmensos de Locusta migratoria, provenientes de les rexones del Mar Negru y del Mar Caspiu llegaron a Francia ya Inglaterra; nesti periodu, n'Alemaña fueron recoyíu aprosimao 250,000 llitros de güevos nuna superficie de 2,000 hectárees. En 1979, nes estepes del ríu Don los trenes quedaron bloquiaos pola masa de llagostes acumulaes. En 1955, una inmensa nube de Locusta migratoria con 20 km de llargu y 250 d'anchu cayó sobre Marruecos. Nel valle de Sous (Marruecos) afararon más de la quinta parte de los cultivos en 1961. B.P. Uvarov estudió'l comportamientu gregariu de les llagostes, enunciando la so teoría de les fases. Según esto, la base del fenómenu atopar nel eleváu polimorfismu (Capacidá de formar una serie de formes distintes morfolóxica o fisiológicamente distintes ente sigo). El pasaxe d'una forma sedentaria ('Fase solitaria) a la otra (forma migratoria) llevar a cabu en forma gradual en cuatro etapes: la fase solitaria, la fase congregans, la fase gregaria y la fase dissocians. Al apaecer la fase congregans, favorecida pol ambiente, manifiéstase una tasa crítica de natalidá.

Desenvolvimientu postembrionario

Son inseutos hemimetábolos (con metamorfosis incompleta) y paurometábolos (les formes nueves tienen la mesma alimentación que les adultes). L'animal pasa por trés fasess: güevu, ninfa y adultu. Los güevos d'ortópteru son ovoides, allargaos, dacuando esplanaos (Faneropterinos) de cutiu con corión; el so color va del blancu al mariellu y van provistos de micrópilos. El númberu de güevos ta condicionáu por factores tales como'l fotoperiodo, densidá de población, edá de la fema, etc. y el númberu puede variar ente 150 a 600. La ninfa ruempe'l corion del güevu al traviés d'una angüeña cervical que forma una hernia na parte dorsal ente la cabeza y el pronoto. Les ninfes pasen por dellos estadios hasta llegar a adultos.

Taxonomía

Suborde Ensifera

Suborde Caelifera

Referencies

Enllaces esternos


license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Orthoptera: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los ortópteros (Orthoptera, del griegu ορθός orthós, "rectu, derechu", y de πτερον pteron, "nales") son un orde d'inseutos hemimetábolos, con aparatu bucal mazcador. L'orde de los ortópteros tien unes 19 000 especies, la mayoría tropicales, pero distribuyíes por tol planeta. Pertenecen a esti orde los saltapraos, grillos, llagostes, y el alacrán cebolleru. El mayor ortópteru viviente ye'l grillu xigante de Nueva Zelanda llamáu weta. Yá nel Carboníferu y el Pérmicu atópense restos fósiles de protortópteros, algamando'l so desenvolvimientu nel mesozoicu (Protogryllus).

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST