dcsimg
Image of <i>Platyias patulus</i>
» Animals »

Rotifers

Rotifera

Rotifera ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Rotifera, of die raderdiertjies, is ’n filum van mikroskopiese en byna-mikroskopiese diertjies met ’n pseudoseloom (skynbuikholte). Hulle is vir die eerste keer in 1696 beskryf, deur eerw. John Harris. Ander vorme is later, in 1703, deur Antonie van Leeuwenhoek beskryf.[1]

Beskrywing

Die meeste raderdiertjies is sowat 0,1–0,5 mm lank, hoewel hul lengte kan wissel van 50 μm tot meer as 2 mm.[2] Hulle kom wêreldwyd algemeen in varswateromgewings voor. Daar is ’n paar soutwaterspesies, byvoorbeeld die genus Synchaeta.

Sommige is vryswemmend en eintlik plankton, terwyl ander op ’n substrata voortkruip of sittend is binne byvoorbeeld buise wat aan ’n substrata vas is. Sowat 25 spesies is koloniaal, soos Sinantherina semibullata. Raderdiertjies is ’n belangrike deel van die varswatersoöplankton: hulle is ’n groot voedselbron en baie spesies dra by tot die ontbinding van organiese materiaal.[3] Die meeste kom globaal voor, maar daar is sommige inheemse spesies, soos Cephalodella vittata in die Baikalmeer.[4]

Verwysings

  1. Harmer, Sidney Frederic & Shipley, Arthur Everett (1896). The Cambridge Natural History. The Macmillan company. p. 197. Besoek op 2008-07-25.
  2. Howey, Richard L. (1999). "Welcome to the Wonderfully Weird World of Rotifers" (in Engels). Micscape Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2019. Besoek op 19 Februarie 2010.
  3. "Rotifers". FreshwaterLife. Besoek op 2010-02-19. Italic or bold markup not allowed in: |work= (help)
  4. Hendrik Segers (2007). Annotated checklist of the rotifers (Phylum Rotifera), with notes on nomenclature, taxonomy

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rotifera: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Rotifera, of die raderdiertjies, is ’n filum van mikroskopiese en byna-mikroskopiese diertjies met ’n pseudoseloom (skynbuikholte). Hulle is vir die eerste keer in 1696 beskryf, deur eerw. John Harris. Ander vorme is later, in 1703, deur Antonie van Leeuwenhoek beskryf.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF