dcsimg
Image of moths and butterflies
» Animals » » Arthropods » » Hexapods » Insects » Winged Insects » » Endopterygotes »

Moths And Butterflies

Lepidoptera

Vlinder ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Vlinders of skubvlerkiges (Lepidoptera) is die tweede grootste orde in die klas van insekte (Insecta). Dit sluit die skoenlappers, motte en ratsvlieërs in. Hierdie orde bestaan uit meer as 180 000 spesies[1] wat in 128 families en 47 superfamilies ingedeel word. Die orde Coleoptera (kewers) is die enigste orde wat meer spesies bevat. Die wetenskaplike naam, Lepidoptera, kom van die antieke Griekse woorde: λεπίδος (skub) en πτερόν (vlerk).

Morfologie

Elke verteenwoordiger van die vlinder- en mot-orde (Lepidoptera) kan onmiddellik as sodanig herken word aan 'n aantal bepaalde kenmerke wat by geen ander insektegroep voorkom nie. So byvoorbeeld besit vlinders en motte 'n kenmerkend opgerolde tong - ʼn hol buis waardeur hulle die vloeistofnektar van blomme opsuig. Die suigtong of proboskis bestaan uit ʼn vergroeiing van die 2 sterk verlengde buitenste kaakdele.

Wanneer die insek nie op nektar voed nie, is die tong onder die kop opgerol. Wanneer die tong uitgesteek word, is die tong by die meeste vlinders en motte net so lank of selfs langer (soos in die geval van die pylstertmot, familie Sphingidae) as die dier self. By verteenwoordigers van die familie Lasiocampidae, asook by verskeie ander families, is die tong daarenteen nouliks ontwikkel en ongeskik om voedsel mee op te neem.

Hierdie diertjies teer vir die enkele dae of ure wat hulle leef, net op die reserwes wat hul le tydens die ruspestadium opgebou het. Kenmerkend vir alle vlinders en motte is die breë. dikwels skitterend gekleurde vlerke. Die kleurpatrone word bepaal deur ontelbare. Mikroskopies klein skubbetjies wat dakpansgewys op die vlerke gerangskik is. Drie tipes skubbe word onderskei.

Die meeste skubbe is breë, ovaalvormige kleurskubbe wat soms gekartel is en ook die pigment bevat. Die interferensieskubbe bevat geen kleurstof nie, maar is so gekonstrueer dat invallende lig in blou of groen kleure weggekaats word. Vlinders van die Suid-Amerikaanse genus Morphia is veral beroemd vanweë hul pragtige, opvallende glans.

Buiten dat hierdie vlinders baie gesog is by versamelaars, word hulle ook in groot getalle gekweek vir die aandenkingsmark: die blou vlerke word in skilderye en ander kunsvoorwerpe ingewerk. Ten laaste is die reukskubbe spoelvormig, met somtyds fraaiings op die punte. Dit is in ver binding met kliere wat 'n muskusgegeurde stof afskei.

Dikwels is ʼn groot aantal reukskubbe saamgegroepeer ten einde 'n reukveld (band) te vorm, wat duidelik met die blote oog as 'n viltagtige kol op die vlerk waargeneem kan word. Die geurmiddels wat afgeskei word, speel 'n belangrike rol tydens die soek en herkenning van 'n voortplantingsmaat. Die reuksintuie, wat veral goed ontwikkel is by die matte wat gedurende die nag vlieg, is in die antennae geleë.

Daarom is die antennae dikwels verbreed, soos by die mannetjies van Platysamia cecropia, of toegerus met uitsteeksels, soos by die reusesywurms (familie Saturniidae). Die halfbolvormige saamgestelde oë van vlinders en motte kan ultraviolet lig, sowel as die ligstrale wat vir die mens sigbaar is, waarneem. Baie blomme besit 'n sogenaamde "heuningmerk", wat aandui waar die nektar gevind kan word en wat baie goed sigbaar is vir vlinders en bye.

Baie vlinders en matte besit goed ontwikkelde gepaarde organe (bekend as timpana of trommelvliese) op die toraks of voorste deel van die abdomen. Klankvibrasies word deur hierdie vliese op die sensoriese selle oorgedra, wat weer op hulle beurt die vibrasies verder voer as senuwee-impulse. Die morfologie van hierdie timpana varieer by die verskillende families van die Lepidoptera en is 'n nuttige wyse van klassifikasie.

Gedaantewisseling

Die spesies in die orde ondergaan 'n volledige metamorfose met vier gedaantewisselings: eiers, ruspes, papies en volwasse insekte. Die ruspes broei uit die eiers uit. Die ruspes ontwikkel dan in 'n papie waaruit die volwasse insek later te voorskyn kom. Die volwasse insek lê dan eiers om die siklus van voor af te laat begin.

Lewenswyse

Die gevleuelde vlinder of mot is die laaste stadium van ʼn volledige gedaantewisseling. Die larwe of ruspe word as 'n reël uitsluitlik op sekere plante aangetref, en elke spesie het sy eie gasheerplante. So leef die ruspes van die tropiese spesies van die genera Battus en Troides op plante van die familie Aristolochiaceae, terwyl die larwes van die familie Danaidae uitsluitlik op plante van die melkbosfamilie (Asclepiadaceae) voorkom.

Albei groepe plante is giftig en die gif word ook in die liggaam van die insek opgeberg, en sodoende word hy ook oneetbaar vir sy predatore. 'n Baie noue verband tussen plant en insek kan by die yuccamot (Tegeticula yuccasella) waargeneem word. Die mot leef in simbiose met die yuccapalm (Yucca filamentosa). Die vroulike mot besit gespesialiseerde aanhangsels aan die agterlyf (abdomen), waarmee sy 'n bol stuifmeel uit die blom van een plant versamel en dit dan op die stamper van 'n blom van 'n ander plant druk, terwyl sy gelyktydig 1 of 2 eiers in die vrugbeginsel deponeer.

So verseker die mot die kruisbestuiwing wat noodsaaklik is vir die plant, terwyl die plant die motlarwe van kos voorsien. Wyfievlinders verseker, met behulp van uiters gevoelige smaakorgane wat in hul voetsole geleë is, dat die plant waarop sy staan, 'n goeie voedselplant is voordat sy haar eiers daarop lê. Meestal varieer die aantal eiers tussen 50 en etlike duisende. Die ruspes wat uit die eiers kom, begin dadelik eet en eet byna aanhoudend totdat hulle tot die papiestadium oorgaan.

Die kake is goed ontwikkel, in teenstelling met die ander monddele, pote en oë. Vlerke ontbreek ook. Die ruspe ondergaan verskeie vervellings. Na die laaste vervelling gaan die ruspe oor in ʼn papie waaruit die volwasse vlinder of mot na 'n tyd kom. Ruspes van die sywurm (Bombyx mori) lewer al die afgelope 4 000 jaar natuurlike sy aan die mens. Die sywurm is so gedomestiseer dat dit nie meer langer vry in die natuur kan leef nie; die volwasse mot het sy vliegvermoë heeltemal verloor.

Die lewensduur van vlinders en motte wissel baie. Insekte met ʼn goed ontwikkelde proboskis of suigtong kan self voedsel inneem en leef sowat 2 tot 4 weke. Sommige spesies hiberneer in die winter en lewe etlike maande lank. Een van die spesies wat die langste leef, is die swaelvlinder (Gonepteryx rhamni). Hierdie insek besit ʼn verdere rusperiode gedurende die somer en leef maklik tot 9 maande lank.

By sommige spesies wat as volwassenes nie eet nie, leef die mannetjies net lank genoeg om te paar en die wyfies totdat hulle hul eiers gelê het. In uiterste gevalle is die lewensduur van sulke spesies net etlike ure. Sommige vlinders en motte migreer net soos ander diere.

Vlerke

Die interessantste en aanskoulikste dele van die liggaam van die skubvlerkiges is die vlerke. Hierdie vier delikate strukture word versterk met 'n stelsel dun ribbes of are. Hulle is beklee met omtrent 'n miljoen uiters klein klein kleurskubbe wat mekaar soos teëls op 'n dak oordek. Die skubbe, wat elkeen uit twintig lamellae (baie dun plaatjies) bestaan, breek die lig soos glasprismas (straalbreking) of kristalle. Hieruit ontstaan die struktuur-kleure op die vlerke van skubvlerkiges.

Pigmentkleure (kleurstowwe in skub aanwesig) word vervaardig deur die organisme se dieët. Dus kan die skoenlappers die onvergelyklike ontwerp van hulle mooi vlerke toeskryf aan die eweredige verdeling van die pigmentkleure of aan die straalbreking deur die lamellae.

Verteenwoordigers

Daar is altesaam tussen 80 en 100 families in die orde Lepidoptera. Vroeër was hulle ingedeel in vlinders wat gedurende die dag vlieg, en motte wat snags vlieg, maar die moderne sistematiek gebruik die begrippe primitiewe vlinders en motte (suborde Jugatae) en hoër vlinders en motte (suborde Frenatae). Hierdie indeling is gebaseer op die mate van ooreenkoms tussen die 2 paar vlerke.

Die primitiewe vlinders en motte omsluit 2 families, naamlik die oermotte (Micropterygidae) en die wortelboorders (Hepialidae). Lede van laasgenoemde familie kies nie 'n spesifieke gasheerplant vir hul eiers nie, maar laat hulle eenvoudig tydens die vlug val. Alle ander vlinders en motte behoort tot die suborde van die hoër Lepidoptera. Die familie Papilionidae is veral bekend met pragtige lede soos Papilio demodocus van Afrika. Die kleinste vlindertjies word aangetref onder die dwergmotte (familie Nepticulidae) met 'n vlerkspan van nouliks 2 mm.

Die Suid-Amerikaanse nagvlinder Thysania agrippina en die Suidoos-Asiatiese herkulesvlinder (Coscinocera hercules) en die atlasvlinder (Attacus atlas) is hierteenoor so groot dat hulle tydens vlug eerder aan voëls as aan vlinders herinner. Hulle vlerkspan kan 32 cm bereik. Vlinders van die genera Catopselia en Delias is groot, somtyds heldergekleurde vlinders wat in enorme swerms migreer. Hulle vlieg in ʼn bepaalde rigting en as hulle toevallig die see bereik, verdrink hulle in hordes en spoel na 'n tyd op die strand uit.

Die nagvlinders (familie Noctuidae), wat ook soms as uiltjies bekend staan, vorm die grootste vlinderfamilie uit die 2 500 spesies. Die meeste nagvlinders is grys of bruin gekleur. Die nagvlinders van die genus Catocala besit gekleurde agterste vlerke, terwyl die voorste paar vlerke grys of bruin is. Die gestreepte denneruspe (Panolis flammea) kan soms 'n plaag word in die bosboubedryf. Die koolmot (Mamestra brassicae) vreet weer koolplante.

By sommige vlinders en motte het die kleure op die vlerke 'n besliste waarskuwingsfunksie: baie strepe op die vlerke sorg dikwels, in kombinasie met 'n afskuwelike reuk, daarvoor dat voëls en ander vyande nie die lede van so 'n spesie aanval en eet nie. Die kleurpatroon van sulke beskermde vlinders en motte word dikwels deur baie ander spesies goed nagemaak. Die nabootser probeer so ook die aanvalle van hul vyande ontduik. Die aantal vlinders en motte het gedurende die laaste dekade aansienlik afgeneem vanweë die intensiewe gebruik van insektedoders.

Fotogalery

Sien ook

Bronne

Verwysings

  1. "The Lepidoptera Taxome Project Draft Proposals and Information". Centre for Ecology and Evolution, University College London. Besoek op 2007-03-05.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Vlinder: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Vlinders of skubvlerkiges (Lepidoptera) is die tweede grootste orde in die klas van insekte (Insecta). Dit sluit die skoenlappers, motte en ratsvlieërs in. Hierdie orde bestaan uit meer as 180 000 spesies wat in 128 families en 47 superfamilies ingedeel word. Die orde Coleoptera (kewers) is die enigste orde wat meer spesies bevat. Die wetenskaplike naam, Lepidoptera, kom van die antieke Griekse woorde: λεπίδος (skub) en πτερόν (vlerk).

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Lepidoptera ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los lepidópteros (Lepidoptera, del griegu «lepis», escama, y «pteron», nala) son un orde d'inseutos holometábolos, casi siempres voladores, conocíos comúnmente como caparines; les más conocíes son les caparines diurnes, pero la mayoría de les especies son nocherniegues (polillas, esfinxes, pavones, etc.) y pasen bien inalvertíes. Los sos bárabos conócense como [[Guxanu (bárabu)|guxanos, canesbes]] y aliméntense típicamente de materia vexetal, pudiendo ser delles especies plagues importantes pa l'agricultura. Munches especies cumplen el rol de polinizadores de plantes y cultivos.

Esti taxón representa'l segundu orde con más especies ente los inseutos (siendo superáu solamente pol orde Coleoptera); ello ye que cunta con más de 165 000 especies [1] clasificaes en 127 families y 46 superfamilies.[2] La caparina diurna más grande qu'esiste ye la Ornithoptera alexandrae fema, que puede llegar a tener 31 cm de valumbu (el machu ye un pocu más pequeñu), vive al sudeste de Nueva Guinea.

Sistemática

Taxonomía

Hai unes 127 families dientro del orde Lepidoptera, pero les opiniones de cuálos son éstes camuden con frecuencia ente los científicos. El tratamientu que se da equí ye l'adoptáu pola base de datos del Muséu d'Hestoria Natural de Londres. Ver Taxonomía del orde lepidoptera.

Mientres munchos años, l'orde de los lepidópteros foi subdividíu en dos subordes, los ropalóceros, o caparines diurnes, y los heteróceros, polillas o caparines nocherniegues. La cladística moderna demostró qu'esta antigua clasificación ye artificial y, na actualidá almiten los subordes Aglossata, Heterobathmiina, Zeugloptera y Glossata. Los trés primeros contienen unes poques especies, ente que Glossata inclúi'l 99% de los lepidópteros actuales.[3]

Filoxenia

Les rellaciones filoxenétiques de los cuatro subordes son les siguientes:[3]

Lepidoptera


Zeugloptera




Aglossata




Heterobathmiina



Glossata





Carauterístiques

"
Anatomía esterna de Papilio machaon: A- nala delantera; B - antena; C - güeyu compuestu; D - espiritrompa; Y - tórax; F - pata; G- abdome; H - nala posterior; I - «cola»

Les caparines tienen dos pares de nales membranoses cubiertes d'escames coloriaes, qu'utilicen na termorregulación, el cortexu y la señalización. El so aparatu bucal ye de tipu probóscide (vease Inseutu) provistu d'una llarga trompa que s'endolca en espiral (espiritrompa) que permanez endolcada n'estáu de reposu y que los sirve pa libar el néctar de les flores que polinizan.

El cortexu de los machos ye bien variable nes distintes families del orde, pero básicamente consiste n'exhibiciones y na producción de feromones sexuales. Coles maniobres de vuelu los machos cubren a les femes col golor d'estes feromones. Tres el apareamiento los machos pueden evitar que la fema tenga una nueva cópula taponando la so genitalia con una secreción pegañosa.

El so desenvolvimientu ye holometábolo: del güevu sale una bárabu o guxanu que se va tresformar en pupa y ésta va dar llugar al adultu. El bárabu, a diferencia del adultu, presenta un aparatu bucal de tipu mazcador; la mayoría de los bárabos son fitófages. En menos del 1% los bárabos son carnívores o entá caníbales. Podemos estremar los bárabos de lepidópteros de les d'otros inseutos porque tienen una serie de 5 pates falses —les de los himenópteros sínfitos tienen 7 o más— a la fin del abdome,[4] lo qu'en dellos casos trai que la so forma de caminar sía como la d'un acordión abrir y cerrándose alternativamente. Los lepidópteros son inseutos terrestres y namái dacuando dellos bárabos son acuátiques.

Coloración

Nel orde Lepidoptera la coloración, especialmente la de les nales, algama la máxima especialización. Morfolóxicamente, la superficie alar ta recubierta d'escames que la so superficie tien ensame d'arestes llonxitudinales (dixebraes dacuando a menos de 1 μm, esto ye, la milésima parte d'un milímetru) qu'alterien la reflexón de la lluz produciendo colores bien llamativos y frecuentemente tornasolados y iridiscentes.[2]

Ver tamién

Venación alar

"
Terminoloxía de les nales de les caparines.

Les venes de les nales de les caparines formen un diseñu carauterístico y único según les especies o families de les que se trate. Conocer esti patrón ye, en dellos casos, imprescindible pa la correcta determinación d'una especie concreta de camparina. Pa poder describir con claridá y precisión esti diseñu utiliza la siguiente terminoloxía entomolóxica:[5][6]

  • Tantu nes nales anteriores como nes posteriores atópense les siguientes zones o árees: basal, ye la más próxima al cuerpu, subdividida dacuando en basal y postbasal; submarginal, premarginal o, a cencielles, marxinal, ye la más alloñada. Ente dambes atopa la zona discal que, de la mesma, estremar en discal y postdiscal o postmedial. Finalmente, la zona apical atópase na parte distal y superior de dambes nales.
  • Nel perímetru de la nala anterior atópase'l cantu d'ataque que se denomina mariña o cantu costal. De siguío, el ápice siguíu del marxe esternu o termen. Darréu dempués, nes nales anteriores apaez l'ángulu dorsal y, nes posteriores, l'ángulu añal. Complétase la periferia de la nala col marxe internu o envés.
  • Ente les zones basal y discal de dambes nales, próxima a la mariña, apaez una área allargada, enmarcada por venes y casi siempres zarrada, denomada celda discal, discoidal, discocelular, o, a cencielles, celda. Nel so parte cimeru atópase delimitada pola vena subcostal, pela parte inferior pola vena mediana, y pola postdiscal poles trés venes discoidales. Cuando falta dalguna d'estes venes, denominar celda abierta.
  • La venes nun son siempres fáciles de reparar, dacuando ye meyor reparales dende l'aviesu o emplegar téuniques de humidificación con alcohol por que se faigan visibles ente les escames y pelos androconia-yos. Les de la nala anterior numberar de la 1 a la 12 (V1, V2,... V12), de baxo a enriba. La vena V1 o submediana, de les más difíciles d'apreciar, naz na base y escurre de forma paralela al envés. La V2 o mediana arrinca escontra la metá del cantu inferior de la celda. La vena V12 o costal naz na base de la nala y escurre paralela a la mariña. Les de la nala posterior son 8, anque munches vegaes apaecen dos venes añales V1, V1a y V1b. Tamién se numberen de baxo a enriba, siendo la V8 la vena costal. En delles caparines pueden faltar venes, tantu d'una nala como de la otra, de normal ente la V6 y la V9. Nesos casos numberar de forma socesiva, de tal manera que puede haber caparines nes que la última vena sía la V9.
  • Ente les venes apaecen los llamaos espacios que tamién tán numberaos. Asina, ente l'envés y V1 atópase l'espaciu Y1a; ente V1 y V2 apaez Y1b; ente V2 y V3 Y2; y asina socesivamente hasta llegar a Y12 na nala anterior, y Y8 na posterior, ente la última vena y la mariña. Como nel casu de les venes, la numberación siempres ye correlativa, pudiendo acabar en Y9.

Patrón de formación n'el color de la nala

La nala de la camparina desenvolver nel bárabu como una bolsa epidermal (discu imaginal) la cual se invagina na metamorfosis pa formar una nala inmóvil mientres l'estáu de pupa. Les escames pigmentadas son secretadas nel estadiu tardíu de la pupa, pero la interacción epidermal de la célula determinar n'estadios más tempranos y determina el color de la escama definiendo'l patrón nel adultu. Pela so parte el llurdiu ocular ye especificada a partir d'una señalización na rexón central (French, 1997). Per otru llau créese que'l patrón de coloración entámase alredor d'un focu hipotéticu y que ésti sirve como fonte d'información pa la posición y síntesis del pigmentu apropiáu. El patrón específicu apaez poles variaciones nel númberu de focos na nala y la variación na que la información de la posición ye interpretada.[7]

N'otru estudiu se evidenció la esistencia d'un focu que determina la llongura del llurdiu ocular na nala posterior de Precis coenia. Al cauterizar 300 célules nel centru del supuestu llurdiu ocular nel desenvolvimientu tempranu de la nala, puede tornase dafechu'l desenvolvimientu d'ésti. Estes mesmes célules pueden ser tresplantaes a otra rexón de la nala ya inducir un pigmentu en forma d'aníu nel texíu alredor del ensiertu. Esti estudiu demostró que'l focu ye una entidá fisiolóxica.[8]

N'estudios histolóxicos na epidermis de la nala revelóse que la formación de les escames siempres asocede en files paraleles, próximes a la exa de la nala. Esta formación celular de les nales paez tar formada por diferenciación in situ y non por migración. Los pigmentos que xeneren el patrón de coloración nes nales son sintetizaos puramente nes escames. Esti patrón ye formáu por cuatro colories de melanina distintes; les enzimes específiques pa la síntesis d'ésta son incorporaes en formes insolubles na cutícula de les escames. La síntesis d'estos pigmentos empiecen cuando'l sustrato de melanización empieza a ser suministráu pol sistema circulatoriu[9]

Finalmente atopóse que la espresión de xenes homólogos nel patrón d'apéndices de Drosophila tamién tán arreyaos nel patrón de coloración. El xen angrailed ye espresáu na parte posterior y apterous na superficie dorsal del discu de la nala. Pela so parte wingless ye espresada alredor de la marxe envés-ventral nel discu de la nala. La proteína Wg xuntu con Decapentaplegic amosaron tener una función como gradiente de morfógenos en Drosophila controlando la espresión xénica y consecuentemente el patrón morfolóxicu nes exes envés-vetral y antero-posterior.[10]

Alimentación

"
Esfinge colibrí (Macroglossum stellatarum) alimentándose nuna flor.

Los guxanos alimentar de la materia vexetal que les arrodia: fueyes, flores, frutos, tarmos, raigaños, lo que-yos da gran importancia agrícola al constituyir plagues importantes a cultivos.[11] Delles especies son capaces de minar (xenerar túneles) nes superficies de les que s'alimenten. Otres, sicasí, aprovechen les manufactures humanes, o bien productos almacenaos (farines, granos...).

Los adultos, sacante los representantes de la familia Micropterigidae (que la so alimentación, derivada de la so capacidá masticatoria, abarca a polen, espores d'hongos, etc), aliméntense libando, esto ye, absorbiendo néctar o otres sustances líquides por aciu el so aparatu bucal llambedor-chupador (espiritrompa). Sicasí, esisten especies que'l so ciclu vital esixe una curtia fase de imago: nestos casos, l'adultu nin s'alimenta, sinón que destina toles sos enerxíes a la reproducción.[2]

Ciclu de vida

Reproducción y desenvolvimientu

"
Reproducción en Phengaris nausithous.
"
Huevecillos.

Les caparines ponen los sos güevos nuna planta. Nacen como bárabos asemeyaos a viermes, llamaes guxanos y aliméntense de les fueyes d'esa planta o tarmos tienros al empar que crecen rápido. Cada especie rique una o unes poques especies de plantes pa la so alimentación, y l'estinción d'una planta puede abasnar la d'una camparina.

Nun momentu del so desenvolvimientu, el guxanu protexer nun llugar abelugáu y ellí tresfórmase en crisalida. Nesti estáu nun s'alimenta, y sufre grandes cambeos metabólicos y morfolóxicos, que'l so conxuntu ye llamáu metamorfosis. La camparina adulta sale rompiendo la cadarma esterna de la crisálida.

Vida adulta

La mayoría de les caparines adultes aliméntense libando el néctar de les flores cola so espiritrompa, una estructura bucal estensible evolucionada a partir de delles de les pieces bucales articulaes típiques de los inseutos.

Esta "llingua endolcada" ye flexible y bien sensible. Puede introducise dientro d'una flor, pero tamién puede inclinase abruptamente, de manera que la camparina puede alimentase dende distintos ángulos ensin tener que mover, tan siquier, la so cadarma. Una vegada que la camparina terminó d'alimentase, la llingua se retrae enroscándose y encaxa esactamente debaxo de la cabeza del inseutu. Machos y femes búsquense viviegamente, usando como guía visual el so aletéu carauterístico, y emplegando el sentíu del olfatu. Tres la fecundación, la fema pon dellos cientos o miles de güevos. En dellos casos la vida adulta ye curtia, nun durando más que'l tiempu necesariu (dacuando un solu día) p'asegurar la reproducción.

Ver tamién

Referencies

  1. «insectos_esisten_en_la_p.htm ¿Cuántos inseutos esisten na península Ibérica?». Consultáu'l 21 d'ochobre de 2016.
  2. 2,0 2,1 2,2 de Viedma, M. G., Baragaño, J. R. & Notariu, A. 1985. Introducción a la entomoloxía. Ed. Alhambra. ISBN 84-205-1031-9
  3. 3,0 3,1 Scoble, M. J. (1995). The Lepidoptera, form, function and diversity. London: The Natural history Museum & Oxford University Press. ISBN 0-19-854952-0
  4. Aguáu Martín, L. O. (2007), p. 52
  5. Aguáu Martín, L. O. (2007). Capítulu 3 Anatomía del imago, p. 79
  6. Higgins, L. G. y N. D. Riley (1980), p. 15
  7. Otaki, J. M. (1998). "Color-pattern modifications of butterfly wings induced by transfusion and oxyanions." Journal of Insect Phisiology 44(12): 1181-1190.
  8. Nijhout, F. (1980). "Ontogeny of the color pattern on the wings of Precis coenia (Lepidoptera: Nymphalidae)." Developmental Biology 80(2)
  9. Nijhout, F. (1980). "Pattern formation on lepidopteran wings: Determination of an eyespot Developmental Biology." Developmental Biology 80(2): 267-274.
  10. French, V. (1997). "Pattern formation in colour on butterfly wings." Current Opinion in Genetics & Development 7(4): 524-529
  11. Bastíes, Rodolfo y Zavala, Yanet. 1995. Principios d'Entomoloxía Agrícola. Ediciones Sol de Barru. ISBN 980-245-006-5

Bibliografía complementaria

  • Aguáu Martín, L. O. (2007). Les camparines diurnes de Castiella y Lleón (Lepidópteros ropalóceros) Especies, bioloxía, distribución y conservación. Xunta de Castiella y Lleón, 1041. ISBN 978-84-9718-473-1.
  • Arnett, R. H. Jr. (2000) Segunda edición. American insects. CRC Press, Boca Ratón, Londres, New York, Washington, D. C. ISBN 0-8493-0212-9
  • Borror, D. J., DeLong, D. M., Triplehorn, C. A.(1976) cuarta edición. An introduction to the study of insects. Holt, Rinehart and Winston. New York, Chicago. ISBN 0-03-088406-3
  • Higgins, L. G. y N. D. Riley (1980). Guía de campu de les camparines d'España y Europa. Omega, 452. ISBN 84-282-0327-X.

Enllaces esternos

"
Camparina libando.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Lepidoptera: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los lepidópteros (Lepidoptera, del griegu «lepis», escama, y «pteron», nala) son un orde d'inseutos holometábolos, casi siempres voladores, conocíos comúnmente como caparines; les más conocíes son les caparines diurnes, pero la mayoría de les especies son nocherniegues (polillas, esfinxes, pavones, etc.) y pasen bien inalvertíes. Los sos bárabos conócense como [[Guxanu (bárabu)|guxanos, canesbes]] y aliméntense típicamente de materia vexetal, pudiendo ser delles especies plagues importantes pa l'agricultura. Munches especies cumplen el rol de polinizadores de plantes y cultivos.

Esti taxón representa'l segundu orde con más especies ente los inseutos (siendo superáu solamente pol orde Coleoptera); ello ye que cunta con más de 165 000 especies clasificaes en 127 families y 46 superfamilies. La caparina diurna más grande qu'esiste ye la Ornithoptera alexandrae fema, que puede llegar a tener 31 cm de valumbu (el machu ye un pocu más pequeñu), vive al sudeste de Nueva Guinea.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST