dcsimg

Groefby ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die groefbye (Halictidae) is 'n byfamilie wat uit klein (> 4 mm) tot mediumgrootte (> 8 mm) bye bestaan. Groefbye het gewoonlik 'n donker kleur en dikwels 'n metaalglans. Verskeie spesies is volkome of deels groen, en sommige is rooi. 'n Aantal het geel merke, veral die mannetjies wat gewoonlik geel gesigte het – 'n kenmerk wat by verskeie byfamilies voorkom.

Groefbye word dikwels deur sweet gelok.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF