dcsimg
Image of <i>Renatiella reticulata</i>
Unresolved name

Apoikozoa

Apoikozoa ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Apoikozoa is ’n monofiletiese groep van Opisthokonta-eukariote wat in 2015 deur Graham Budd en Sören Jensen geskep is[1] as ’n klade wat beide Animalia en Choanoflagellatea insluit. Die sustergroepverhouding tussen Animalia en Choanoflagellatea het belangrike gevolge vir ’n begrip van die oorsprong van diere.[2]

Opsomming

’n Nabye verwantskap tussen Animalia en Choanoflagellatea word al lank erken, minstens van die 1840's af. Die naam "Apoikozoa" is afgelei van die antieke Griekse woorde vir "kolonie" en "dier", en verwys na die vermoë van diere en {sommige) Choanoflagellatea om veelsellige eenhede te vorm. Terwyl diere permanent veelsellig is (buiten die voortplantingselle), is die koloniebouende Choanoflagellatea net soms veelsellig; dit laat die vraag ontstaan of die koloniebouende vermoë in albei groepe teenwoordig was aan die begin van die hele klade en of dit onafhanklik in die twee groepe ontwikkel het. Dit is in elk geval sover bekend die enigste koloniebouende heterotrowe (organismes wat nie hul koolstofvoeding uit anorganiese verbindings kan trek nie).

Verwysings

  1. Budd, G. E. & Jensen, S. (2015). “The origin of the animals and a 'Savannah' hypothesis for early bilaterian evolution”. Biological Reviews: n/a. doi:10.1111/brv.12239.
  2. King, N.; Westbrook, M.J.; Young, S.L.; Kuo, A.; Abedin, M.; Chapman, J.; Fairclough, S.; Hellsten, U.; Isogai, Y.; Letunic, I. (2008). “The genome of the choanoflagellate Monosiga brevicollis and the origin of metazoans”. Nature 451 (7180): 783–8. doi:10.1038/nature06617.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Apoikozoa: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Apoikozoa is ’n monofiletiese groep van Opisthokonta-eukariote wat in 2015 deur Graham Budd en Sören Jensen geskep is as ’n klade wat beide Animalia en Choanoflagellatea insluit. Die sustergroepverhouding tussen Animalia en Choanoflagellatea het belangrike gevolge vir ’n begrip van die oorsprong van diere.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF