dcsimg

Homo cepranensis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Homo cepranensis is ’n voorgestelde naam vir ’n menslike spesie wat verteenwoordig word deur ’n enkele kopbeen wat in 1994 in Italië ontdek is.[1] Die fossiel is deur die argeoloog Italo Biddittu ontdek en is die bynaam "Ceprano-mens" gegee na aanleiding van ’n nabygeleë dorp 89 km suidoos van Rome.[2]

Die ouderdom van die fossiel word geskat op tussen sowat 350 000 en 500 000 jaar.[3] Die eienskappe van die kopbeen dui op ’n oorgang tussen Homo erectus en latere spesies soos Homo heidelbergensis. Volgens ’n 2011-studie is dit ’n voorsaat van Homo neanderthalensis.[4]

Verwysings

  1. (2003) “Homo cepranensis sp. nov. and the evolution of African-European Middle Pleistocene hominids”. Comptes rendus de l'Académie des sciences 2 (2): 153–159. doi:10.1016/S1631-0683(03)00015-0.
  2. (2001) “A cranium for the earliest Europeans: Phylogenetic position of the hominid from Ceprano, Italy”. Proceedings of the National Academy of Sciences 98 (17): 10011–10016. doi:10.1073/pnas.151259998.
  3. (2009) “Pleistocene magnetochronology of early hominin sites at Ceprano and Fontana Ranuccio, Italy”. Earth Planet. Sci. Lett. 286 (Early online): 255. doi:10.1016/j.epsl.2009.06.032.
  4. Ploscollections
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Homo cepranensis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Homo cepranensis is ’n voorgestelde naam vir ’n menslike spesie wat verteenwoordig word deur ’n enkele kopbeen wat in 1994 in Italië ontdek is. Die fossiel is deur die argeoloog Italo Biddittu ontdek en is die bynaam "Ceprano-mens" gegee na aanleiding van ’n nabygeleë dorp 89 km suidoos van Rome.

Die ouderdom van die fossiel word geskat op tussen sowat 350 000 en 500 000 jaar. Die eienskappe van die kopbeen dui op ’n oorgang tussen Homo erectus en latere spesies soos Homo heidelbergensis. Volgens ’n 2011-studie is dit ’n voorsaat van Homo neanderthalensis.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF