dcsimg

Hertagtiges ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Hertagtiges is herkouende soogdiere van die familie Cervidae. Spesies sluit in die rendier (kariboe), witsterthert, Amerikaanse elk, Amerikaanse eland, edelhert, damhert en reebok. Hulle word ook herte of takbokke genoem. Ramme van feitlik alle spesies skud jaarliks hul gewei (horings) af en groei nuwes.

Die familie word onderverdeel in twee subfamilies, Capreolinae en Cervinae, wat elk weer in twee tribusse verdeel word.

Habitat

 src=
’n Damhert in die VSA.
’n Jong reebok se eerste treë.

Herte woon in ’n verskeidenheid biome, van toendra tot tropiese reënwoude. Hoewel hulle dikwels met woude verbind word, woon baie spesies in oorgangsgebiede tussen woude en steppe of grasveld. Die meeste groot spesies hou in gematigde, gemengde en bladwisselende woude, bergwoude, tropiese droë woude en savanne (oop spasies). Om in oop spasies in woude na kos te soek, strek eintlik tot voordeel van die hert omdat dit so die soorte gras, onkruid en kruie ontbloot waarvan hulle hou. Voldoende woud- en struikbedekking is egter steeds nodig vir bevolkings om te groei en floreer.

Herte kom algemeen voor, op al die kontinente buiten Antarktika en Australië, hoewel Afrika net een inheemse hert het: die Barbaryse hert, ’n subspesie van die edelhert wat in die Atlasgebergte in die noordweste van die kontinent voorkom. Damherte is egter in Suid-Afrika ingebring. Klein spesies spiesherte en suidelike poedoes van Sentraal- en Suid-Amerika asook muntjaks van Asië hou gewoonlik in digte woude en word selde in oop spasies gesien. Van die spesies is baie gespesialiseerd en kom net in berge, grasvelde, moerasse of streke om woestyne voor. Sommiges, soos die rendier en Amerikaanse eland, kom net in die noordelike gebiede van Noord-Amerika en Eurasië voor.

Beskrywing

 src=
Die sterte van die I) witsterthert, II) muildierhert, III) swartsterthert, IV) elk en V) edelhert.
 src=
’n Wit damhert in Chicago.

Herte weeg gewoonlik tussen 30 en 300 kg. Die kleinste spesie, die noordelike poedoe, weeg sowat 10 kg en die grootste, die Amerikaanse eland, 431 kg. Hulle het gewoonlik soepel, kompakte lywe en lang, sterk bene vir loop in bosgebiede. Hulle is ook uitstekende springers en swemmers. Hulle is herkouers en het vier maagkamers. Hul tande is aangepas om plante te vreet en hulle het dus nie boonste snytande nie; hulle het in die plek daarvan ’n harde kussing aan die voorkant van die bokaak. Sommige herte, soos dié van die eiland Rum in Skotland,[1] eet wel vleis as dit beskikbaar is.[2]

Sommige spesies het vergrote hoektande bo wat skerp slagtande vorm, terwyl ander glad nie oogtande het nie. Herte se kiestande help hulle om ’n groot verskeidenheid plante fyn te maal.[3]

Herte het ’n lewer, maar geen galblaas nie. Hulle het ook ’n tapetum lucidum, ’n weefsellaag in die oog, wat hulle uitstekende nagsig gee.

Gewei

Buiten die Chinese waterhert, wat slagtande het, het alle manlike herte gewei (horings). Net by die rendiere het ooie ook gewei. Dit is ’n beenagtige struktuur wat uit die hert se skedel groei en bedek word deur ’n fluweelagtige buitenste laag. Net voor die paarseisoen vryf die hert die fluweellaag af. Ná die paarseisoen val die gewei af.

 src=
Die witsterthert.

Tydens die paarseisoen gebruik ramme hul gewei om met mekaar te baklei om die aandag van die ooie in ’n trop. Die twee ramme omsirkel mekaar, buig hul nekke af en storm. Die geweie raak ineengestrengel en die ramme veg so sonder om beserings aan die gesig te veroorsaak.[4]

Die gewei kan ook ’n teken van dominansie wees. Ramme met groter gewei relatief tot hul liggaamsgrootte is geneig om ’n groter weerstand teen patogene (kieme) te hê[5] asook ’n groter voortplantingsvermoë.[6]

Die gewei verskil grootliks van spesie tot spesie.

Kleur

Kleure verskil van spesie tot spesie en selfs binne spesifieke spesies. Hulle kan wit, donkerder of bont wees. Die grootste bevolking wit herte kom in Seneca County, New York, voor. Die kleur is die gevolg van ’n resessiewe geen.

’n Trop wit damherte kom naby die nasionale laboratoriums Argonne in Noord-Illinois voor.[7]

Witstertherte is bruin met wit vlekke wanneer hulle gebore word. Soms het hulle ’n grys kleur, wat hulle vuil laat lyk. In die middel van hul tweede jaar word hulle spierwit, en hulle word dikwels aangesien vir albino's.

Biologie

Dieet

Herte eet hoofsaaklik blare. Hulle het klein mage in vergelyking met ander herkouers, maar het ’n groot hoeveelheid minerale soos kalsium en fosfaat nodig om die groei van die gewei te bevorder. Anders as skape en beeste wat groot hoeveelhede laeveselkos eet wat vinnig deur die spysverteringstelsel beweeg, eet herte maklik verteerbare lote, jong blare, vars gras, sagte takke, vrugte, fungi en korsmos.

Voortplanting

Byna alle herte is enkelouers; net die ma sien om na die lammers. Hulle het gewoonlik een of twee (selde drie) lammers ná ’n dragtigheidsperiode van tot 10 maande vir die Europese reebok. Die meeste lammers word gebore met wit vlekke op hul pels, maar hulle verloor gewoonlik die wit vlekke aan die einde van hul eerste winter. Binne die eerste 20 minute van ’n lam se lewe neem hy sy eerste treë. Sy ma lek hom skoon sodat hy feitlik geen reuk het wat ’n roofdier kan bespeur nie.[8] Die lam bly in die gras totdat hy sowat ’n week oud is en sterk genoeg is om saam met sy ma te loop. Hulle bly vir sowat ’n jaar bymekaar. ’n Mannetjie verlaat gewoonlik sy ma en sien haar nooit weer nie, maar wyfies kom soms terug saam met hul eie lammers en vorm klein troppe.

Verwysings

  1. Owen, James (25 Augustus 2003). "Scottish Deer Are Culprits in Bird Killings" (in Engels). National Geographic News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2018. Besoek op 16 Junie 2009.
  2. Dale, Michael (1988). “Carnivorous Deer”. Omni Magazine.
  3. Cockerill, Rosemary (1984). Macdonald, D. (red.). The Encyclopedia of Mammals. New York: Facts on File. pp. 520–529. ISBN 0-87196-871-1.
  4. Emlen, D. J. 2008. "The Evolution of Animal Weapons", The Annual Review of Ecology, Evolution, and Systematics. 39:387-413.
  5. Ditchkoff, S. S., R. L. Lochmiller, R. E. Masters, S. R. Hoofer, R. A. Van Den Bussche. 2001. "Major-histocompatibility-complex-associated variation in secondary sexual traits of white-tailed deer (Odocoileus virginianua) evidence for good-genes advertisement," Evolution. 55:616-625.
  6. Malo, A. F., E. R. S. Roldan, J. Garde, A. J. Soler, M. Gomendio. 2005. "Antlers honestly advertise sperm production and quality," Proceedings of the Royal Society of Biological Sciences, 272:149-157.
  7. Herd of white deer roams Argonne campus
  8. Deer – info and games Sheppard Software.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Hertagtiges: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Hertagtiges is herkouende soogdiere van die familie Cervidae. Spesies sluit in die rendier (kariboe), witsterthert, Amerikaanse elk, Amerikaanse eland, edelhert, damhert en reebok. Hulle word ook herte of takbokke genoem. Ramme van feitlik alle spesies skud jaarliks hul gewei (horings) af en groei nuwes.

Die familie word onderverdeel in twee subfamilies, Capreolinae en Cervinae, wat elk weer in twee tribusse verdeel word.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Cervidae ( Asturian )

provided by wikipedia AST
«Venado» redirixe equí. Pa la carne d'estos animales, ver Carne de venado.
«Cervato» redirixe equí. Pa otres aceiciones, ver Cervato (dixebra).
Pa otros usos del términu, vease: Venado (dixebra).
"
L'alce, el cérvidu de mayor tamañu.
"
Un pudú, el cérvidu de menor tamañu.

Los cérvidos (Cervidae) son una familia de mamíferos rumiantes qu'inclúi los venaos o venados. El so tamañu ye variable, siendo'l alce el mayor (hasta 450 kg), y el venadito o pudú suramericanu, el menor, con unos 8 o 10 kg.

Carauterístiques

Tienen pates delgaes, pezuñes partíes en dos y llongures pescuezos con cabeces llargues y fines, aptes pal esgamoto o'l llendo, salvo delles adaptaciones concretes en delles especies como ye'l casu de los alces, que pastien vexetales acuáticos, o los renos, de hocicos peludos y anchos aptos pa esgamotar liquenes nes zones ártiques. Son espodaos herbívoros, magar les especies más grandes tienen una configuración similar a un caballu, ente que les más pequeñes resulten más gordoses pa poder movese con facilidá pol sotobosque.

Tienen el pelo llisu o motudu na mayoría de les especies, salvu dalgunes que'l so pelame ye poco precisu como asocede colos renos, y son los únicos mamíferos a los que-yos crecen estiles o cuernes nueves cada añu, formaes por güesu muertu. Na mayoría de les especies qu'entienden la familia, solo desenvolver los machos a partir del primer añu d'edá, aumentando de tamañu y complexidá a midida que l'individuu va maureciendo; los machos la utilizen mientres la dómina de apareamientu, cuando compiten poles femes, ente que les femes que sí son cornines al paecer usar como elementu de defensa pa les sos críes, una y bones el periodu de muda nun coincide col de los machos.

Los estiles empiecen a formase a partir de dos protuberancia del craniu. Al crecer, anubrir un terciopelu llamáu «borra» que tien gran cantidá de vasos sanguíneos p'alimentar el güesu que crez so elles. Cuando los estiles crecen, añu tres d'añu vanse ramificando cada vez más hasta adquirir el porte d'un individuu adultu bien formáu. Finalmente, la borra cai, ayudada pol so dueñu que suel dexala engabitada en matojos o cañes qu'usó pa tascase; esta borra ye consumida por pequeños carnívoros distribuyíos pol hábitat del venáu yá que tien gran cantidá de minerales y otres sustances alimenticies, especialmente nos estremos de la cuerna, considerada un manxar pol pueblu Inuit. Una vegada que l'estil ta formada, apaez el cuernu nuevu llistu pal so usu, de primeres de color claru pero escurezse rápido al contautar col aire.

Na subfamilia Hydropotinae (venaos d'agua) dambos sexos escarecen d'estiles, pero los dientes caninos superiores, especialmente nos machos, son bastante llongures, llixeramente curvados a manera de caniles. Los miembros ye esta subfamilia son los más antiguos del grupu, polo que s'interpreta que los estiles ramificaos son una adaptación posterior, surdida cuando los cérvidos crecieron en tamañu y empezaron a habitar llugares menos forestales onde les sos cuernes nun fueren un problema pa movese.

Historia natural

Habiten en delles zones del mundu, polo que-y los puede atópase n'Europa, Asia, América, norte d'África y delles zones ártiques. Foi introducíu pol home en Nueva Zelanda y Australia.

La mayoría de los venaos tien una glándula cerca del güeyu que contién feromones, sustances que los sirven pa marcar el so territoriu. Los machos utilicen esta sustanza cuando s'atopen cafiantes pola presencia d'otros machos.

La mayoría de les especies de venaos viven en grupos familiares alredor d'una fema (otres especies taxonómicamente cercanes, como los venaos almizcleros, familia Moschidae, viven en pareya).

Alimentar de fueyes, cañes y biltos de plantes. El periodu de xestación de les femes varia ente 160 díes a 10 meses según la especie; paren una o dos críes al añu que reciben el nome de cervatos o gabatos.

Clasificación

"
Craniu de cérvidu.

Según la publicación Mammal Species of the World la familia ta conformada por trés subfamilies, estremaes en 20 xéneros y 48 especies esistentes.[1] Inclúyense amás delles subfamilies y xéneros estinguíos:

Referencies

  1. (2005) en Wilson, Don: Mammal Species of the World, 3ª (n'inglés), Johns Hopkins University Press, 2 vols. (2142 pp.). ISBN 978-0-8018-8221-0.
  2. Barrera Vázquez, Alfredo; et ál., Cordemex, ed., Diccionario maya - español, español - maya, Mérida, Yucatán, Méxicu.
  3. Vislobokova, Inessa. «A new species of Megacerini (Cervidae, Artiodactyla) from the Llate Miocene of Taralyk-Cher, Tuva (Russia), and remarks on the relationships of the group». Geobios 42 (3). doi:10.1016/j.geobios.2008.12.004. .

Enllaces esternos


license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Cervidae: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST
«Venado» redirixe equí. Pa la carne d'estos animales, ver Carne de venado. «Cervato» redirixe equí. Pa otres aceiciones, ver Cervato (dixebra). Pa otros usos del términu, vease: Venado (dixebra). " L'alce, el cérvidu de mayor tamañu. " Un pudú, el cérvidu de menor tamañu.

Los cérvidos (Cervidae) son una familia de mamíferos rumiantes qu'inclúi los venaos o venados. El so tamañu ye variable, siendo'l alce el mayor (hasta 450 kg), y el venadito o pudú suramericanu, el menor, con unos 8 o 10 kg.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST