dcsimg
Image of <i>Kinixys belliana mertensi</i>
» Animals » » Vertebrates » » Turtles »

Hingeback Tortoise

Kinixys belliana Gray 1831

Bell se skarnierskilpad ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Bell se skarnierskilpad (Kinixys belliana) is 'n spesie van Afrikaskilpad, uit die familie Testudinidae. Dit het 'n skarnier wat alle skilpaaie in die genus Kinixys kenmerk. Daar is verskeie subspesies (waarvan sommige eintlik afsonderlike spesies is) en die Bell se skarnierskilpad is onderhewig aan variasie dwarsdeur sy omvattende reeks.

Etmologie

Beide die wetenskaplike naam, Belliana, en die gewone naam is ter ere van die Engelse dierkundige Thomas Bell.[1]

Beskrywing

Bell se skarnierskilpad is 'n medium-grootte ligbruin skilpad. Hulle kan tot 22 cm groei. Op die agterkant van sy dop het die skilpad 'n 90-grade skarnier wat, wanneer gesluit, die agterste bene en stert teen roofdiere beskerm.

Die skubbe op sy effens koepelvormige en verlengde dop het tipies 'n uitstraalpatroon van donker kolle, maar dit kan vervaag. Volwasse manlike skilpaaie het 'n konkawe buik. Die meeste Bell se skarnierskilpaaie het vyf kloue aan elke voorpoot behalwe vir een van die subspesies, K. b. nogeuyi.

Verspreiding en habitat

Bell se skarnierskilpad verkies die tropiese en sub-tropiese savannas van sub-Sahara Afrika.

Dit word beskou as die mees algemene en wydverspreide skarnierskilpad, en kom voor in groot dele van sub-Sahara Afrika soos in Soedan, Tanzania, Kongo en af en toe in Suider-Afrika. 'n Hersiening van die spesie deur Kindler et al. (2012) beperk dit tot sentraal Afrika, vanaf Angola tot Burundi.[2]

Dieet

Bell se skarnierskilpad is 'n omnivoor, met 'n baie uiteenlopende dieet wat hoofsaaklik uit 'n reeks van verskillende plante bestaan, maar ook met insekte en ander vleis. Dit voed op groente, takkies, wortels, blare, vrugte, erdwurms, slakke, paddavissies en ander klein ongewerwelde diere.

Bedreiging en bewaring

In sy natuurlike habitat word dit bedreig deur roofdiere soos luiperds, valke, en arende.

Tans word die spesie hoofsaaklik bedreig deur wydverspreide versameling van die skilpaaie in die natuur vir onwettige handel. Dit word ook versamel deur die plaaslike bevolking vir kos en menslike bevolkingsgroei in die gebied plaas die spesie onder druk. Mensgemaakte vure is ook 'n bedreiging.[3]

Verwysings

  1. Beolens B, Watkins M, Grayson M. 2011. The Eponym Dictionary of Reptiles. Baltimore: Johns Hopkins University Press. xiii + 296 pp. ISBN 978-1-4214-0135-5. (Kinixys belliana, p. 22).
  2. Carolin Kindler, William R. Branch, Margaretha D. Hofmeyr, Jérôme Maran, Pavel Š iroký, Miguel Vences, James Harvey, J. Susanne Hauswaldt, Alfred Schleicher, Heiko Stuckas, Uwe Fritz (2012). “Molecular phylogeny of African hinge-back tortoises (Kinixys): implications for phylogeography and taxonomy (Testudines: Testudinidae)”. Journal of Zoological Systematics and Evolutionary Research 50 (3): 192–201. doi:10.1111/j.1439-0469.2012.00660.x.
  3. http://www.inaturalist.org/projects/reptiles-of-the-horn-of-africa-iucn-redlist-forum/assessments/367-kinixys-belliana

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bell se skarnierskilpad: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Bell se skarnierskilpad (Kinixys belliana) is 'n spesie van Afrikaskilpad, uit die familie Testudinidae. Dit het 'n skarnier wat alle skilpaaie in die genus Kinixys kenmerk. Daar is verskeie subspesies (waarvan sommige eintlik afsonderlike spesies is) en die Bell se skarnierskilpad is onderhewig aan variasie dwarsdeur sy omvattende reeks.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF