dcsimg
Image of Boulenger's cape tortoise
Unresolved name

Boulenger's Cape Tortoise

Homopus boulengeri

Skaam karooskilpad ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die skaam karooskilpad (Homopus boulengeri) kom voor in die Groot-Karoo van Pearston en Wolverfontein in die ooste tot by Sutherland en Carnarvon in die weste. Die skilpad staan ook bekend as karooskilpadjie, rooiskilpadjie, donderweerskilpad, biltongskilpad, padloper en Boulenger se skilpad.

Voorkoms

 src=
Skets van 'n skaam karooskilpad

Die klein skilpadjie het vyf kloue aan sy voorpote en vier aan sy agterpote. Die wyfies is groter as die mannetjies. Die skilpad se dop is taamlik plat en het nie knobbels nie, hulle kan dus maklik onder rotse inkruip vir beskerming. Hulle is meetstal aktief op koel somersdae, veral wanneer 'n donderstorm dreig, en vandaar die naam donderweerskilpad.

Kraaie vreet graag die reptiel deur hulle op rotse te laat val en om die doppe te kraak.

Bron

  • Nama-Karoo se unieke bewoners, Beeld, 29 Augustus 2105.
  1. Homopus boulengeri, Duerden, 1906, Taxonomic Serial No.: 551785, Retrieved August 20, 2013, from the Integrated Taxonomic Information System (ITIS) on-line database, http://www.itis.gov.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Skaam karooskilpad: Brief Summary ( Afrikaans )