dcsimg

Strandlopers en snippe ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die strandlopers en snippe (Scolopacidae) is 'n familie van voëls in die orde van steltloperagtiges (Charadriiformes). Die familie omvat 93 spesies.[1]

Die naam strandloper word gebruik vir 'n verskeidenheid voëls van die families Charadriidae en Scolopacidae van die waadvoëls (orde Charadriiformes). By die familie Charadriidae is die snawel korter of net so lank as die kop en by die familie Scolopacidae is dit langer as die kop.

Strandlopers word byna altyd langs mere, panne, vleie en moerasse aangetref, waar hulle op moddervlaktes of in vlak water na insekte, kreefagtiges, slakkies, ensovoorts, soek. Die relatief lang snawel is 'n aanpassing by hierdie leefwyse en ook die voete is aangepas om op modder te loop. Die meeste Suid-Afrikaanse strandlopers is trekvoëls wat in die Noordelike Halfrond broei en in die winter (Noordelike Halfrond) na die suide trek.

Voëls in die familie het 'n lang liggaam met lang bene en smal vlerke. Die meeste spesies het 'n smal snawel, maar andersins is die vorm en lengte van die snawel baie veranderlik. Hulle is klein tot mediumgrootte voëls, ongeveer 12–66 cm in lengte.

Die voëls se snawels is sensitief, sodat hulle in die modder en sand vir kos kan rond voel. Hulle het gewoonlik vaal vere, met kriptiese bruin, grys, of gestreepte patrone, hoewel sommige met helder kleure in die broeiseisoen pronk.[2]

Taksonomie

Sien ook

Verwysings

  1. Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). (en)
  2. Harrison, Colin J.O. (1991). Forshaw, Joseph (red.). Encyclopaedia of Animals: Birds. London: Merehurst Press. pp. 103–105. ISBN 1-85391-186-0.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Strandlopers en snippe: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die strandlopers en snippe (Scolopacidae) is 'n familie van voëls in die orde van steltloperagtiges (Charadriiformes). Die familie omvat 93 spesies.

Die naam strandloper word gebruik vir 'n verskeidenheid voëls van die families Charadriidae en Scolopacidae van die waadvoëls (orde Charadriiformes). By die familie Charadriidae is die snawel korter of net so lank as die kop en by die familie Scolopacidae is dit langer as die kop.

Strandlopers word byna altyd langs mere, panne, vleie en moerasse aangetref, waar hulle op moddervlaktes of in vlak water na insekte, kreefagtiges, slakkies, ensovoorts, soek. Die relatief lang snawel is 'n aanpassing by hierdie leefwyse en ook die voete is aangepas om op modder te loop. Die meeste Suid-Afrikaanse strandlopers is trekvoëls wat in die Noordelike Halfrond broei en in die winter (Noordelike Halfrond) na die suide trek.

Voëls in die familie het 'n lang liggaam met lang bene en smal vlerke. Die meeste spesies het 'n smal snawel, maar andersins is die vorm en lengte van die snawel baie veranderlik. Hulle is klein tot mediumgrootte voëls, ongeveer 12–66 cm in lengte.

Die voëls se snawels is sensitief, sodat hulle in die modder en sand vir kos kan rond voel. Hulle het gewoonlik vaal vere, met kriptiese bruin, grys, of gestreepte patrone, hoewel sommige met helder kleure in die broeiseisoen pronk.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Scolopacidae ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los escolopácidos (Scolopacidae) son una familia d'aves caradriformes. Ye una familia grande y diverso de pequeñes y medianes aves costeres, incluyendo playeros, zarapitos, aguyes, aguyetes, vuelvepiedres, andarríos, falaropos, y correlimos, ente otros. La mayoría de les especies comen pequeños invertebraos recoyíos de la folla o de la tierra. La variación nel llargor de les pates y los picos dexa que distintes especies pueden buscar alimentu nel mesmu hábitat, particularmente na mariña, ensin competencia direuta pa l'alimentación.

Xéneros

Según la clasificación del Congresu Ornitolóxicu Internacional:[1]

Amás, conócense dellos xéneros estinguíos:[2]

Referencies

  1. Gill, F & D Donsker (Eds). 2012. IOC World Bird Names (v 3.2).
  2. Vanesa L. De Pietri and Gerald Mayr. «An assessment of the diversity of early Miocene Scolopaci (Aves, Charadriiformes) from Saint-Gérand--y-Puy (Allier, France)». Palaeontology 55 (6). doi:10.1111/j.1475-4983.2012.01182.x.
  • Gibson, R. & A. Baker (2012): Multiple gene sequences resolve phylogenetic relationships in the shorebird suborder Scolopaci (Aves: Charadriiformes). Mol. Phyl. Evol 64:66-72.

Enllaces esternos

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Scolopacidae: Brief Summary ( Asturian )