dcsimg

Kolibrie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Kolibries (Engels: hummingbirds) is voëls van die Amerikas van die familie Trochilidae. Hulle is van die kleinste voëls, met sommige spesies wat net sowat 7,5-13 cm lank is. Die heel kleinste voël bekend is juis ’n kolibrie, die bykolibrie wat sowat 5 cm lank is en minder as 2 g weeg.

Die Engelse naam kom van die gonsgeluid wat hul vlerke skep terwyl hulle teen hoë frekwensies geklap word. Kolibries hang in die lug en klap hul vlerke van 12 keer sekonde by die groter spesies tot 80 keer in van die kleinste spesies. Van dié wat in windtonnels getoets is, het ’n spoed van meer as 15 m/s (54 km/h) gehaal en sommige spesies kan teen meer as 22 m/s (79 km/h) duik.[1][2]

Kolibries het die hoogste metabolisme van alle homotermiese diere (wat ’n konstante liggaamstempertauur handhaaf ondanks wisselende omgewingstemperatuur).[3] Om energie te bespaar as kos skaars is en snags wanneer hulle nie kos soek nie, kan hulle in ’n toestand soortgelyk aan hibernasie gaan – dit laat hul metobolisme afneem tot ’n 15de van die normale toestand.[4]

Indeling en bou

Hoewel kolibries as groep duidelik van ander voëls verskil, ondervind wetenskaplikes probleme om hulle in subfamilies en genera in te deel aangesien daar so 'n wye verskeidenheid kenmerke is. Gewoonlik word 3 hoofgroepe onderskei. Die verteenwoordigers van die eerste groep word in warm, laagliggende gebiede aangetref, terwyl die van die tweede groep hoofsaaklik in berge voorkom.

Die meeste kolibries van die tweede groep is deel van die fauna van die Andesgebergte en die berglande van Sentraal-Amerika en Mexiko. Die derde hoofgroep bestaan uit sowat 35 spesies klein en baie klein voëltjies wat vanweë hul besonder vinnige vliegbewegings soms soos groot insekte lyk. Die meeste verteenwoordigers van laasgenoemde groep word in Noord- en Sentraal-Amerika aangetref. Die sowat 400 spesies en subspesies word in altesaam sowat 120 genera ingedeel.

Die meeste spesies is kleiner as rooiborsies. Die grootste spesie, die reusekolibrie (Patagona gigas) van die Andesgebergte, is so groot soos 'n windswael, terwyl die dwergkolibrie (Melluiga minima) nie langer as 5 cm (stert ingesluit) is nie. Die verhouding tussen liggaamsoppervlak en massa is by kolibries baie ongunstig en meer energie as by ander diere is nodig om die liggaamstemperatuur konstant te hou. Om hierdie rede het kolibries nie net relatief baie suurstof nodig nie. maar ook groot hoeveelhede voedsel. Hulle bring dus die meeste tyd deur op soek na nektar en insekte.

Kolibries bring koue en nat periodes in algehele verstarring deur om so energie te bespaar, net soos dit die geval is by diere wat in 'n winterslaap gaan. Dieselfde verskynsels as by 'n winterslaap word ook tydens die verstarring aangetref: die metabolisme is stadiger, die hartslag neem al en die voel is minder aktief. Kolibries wat hoog in die berge leef, vertoon hierdie verskynsels in die koue nagte.

Sodra die son hulle bedags warm maak, keer hulle terug na hul normale aktiwiteite. Die kolibries se vere is beroemd vanweë die pragtige kleure en die metaalagtige glans daarvan. Hul bynaam van "vlieënde edelstene" is hieraan te danke. Die mannetjies is deurgaans mooier as die wyfies en by talle spesies het die mannetjies siervere in die stert. Die inwoners van Mexiko en Suid-Amerika gebruik reeds eeue lank kolibriehuide in sierade en vroeër is die huide na Europa uitgevoer om vrouehoede te versier. Veral die rooi kolibrie (Chrysolampsis mosquitus) is ter wille van sy vere op so 'n groot skaal gevang dat sy voortbestaan bedreig was.

Leefwyse

Die energieverbruik van kolibries is so groot dat hul daaglikse behoefte aan suiker gelykstaande is aan die helfte van hul liggaamsmassa. Hulle is daarom voortdurend besig met die versameling van nektar. Wanneer hulle nektar uit 'n blom suig, sit hulle nie stil nie, maar fladder voor die blom terwyl hulle die lang tong in die blomdele steek.

Saam met die nektar verwyder hulle ook stuifmeel, wat dan weer na 'n volgende blom oorgedra word. Op die wyse lewer hulle 'n belangrike bydrae tot die bestuiwingsproses Die suikerdieet word aangevul met dierlike proteïen in die vorm van insekte en spinnekoppe wat van die blom afgepik word. 'n Spesiale vliegtegniek is nodig wanneer kolibries minute lank voor een blom fladder. Kolibries wat baie klein is, kan in die situasie sowat 80 vlerkslae per sekonde uitvoer. Wanneer die voël nektar suig, is hy feitlik in 'n vertikale posisie, terwyl die vlerke in 'n horisontale rigting beweeg word.

Ander voëls buig by 'n opwaartse vlerkslag die vlerkgewrig om so die weerstand te verminder, maar kolibries hou hul vlerke styf om groter opwaartse druk te bewerkstellig, wat nodig is om die voël op een plek te hou. Dit lyk asof die voël bewegingloos voor die blom in die lug hang. Kolibries kan met 'n snelheid van 100 km per uur vlieg, terwyl hulle steeds baie beweeglik bly en selfs agteruit kan vlieg. Die suurstofverbruik is tydens vlug so groot dat die hart en longe 'n enorme kapasiteit moet hê. Navorsing het getoon dat die longkapasiteit en die hart, uitgedruk in gram per liggaamsmassa, 3 keer so groot is as die van 'n duif; die kolibrie het ook 2 keer soveel rooibloedliggaampies as 'n duif.

Voortplanting

Die meeste spesies kolibries is heeltemal alleen lewend en selfs tydens die voortplantingsperiode is daar geen sterk band tussen die pare nie. Die wyfie bou haar nessie van plantvesels, mosse, vrugpluis en spinnerakke, gewoonlik sander die mannetjie se hulp. Die mannetjie voer kort baltsvlugte voor die wyfie uit en pronk met sy stertvere.

Na paring lê die wyfie 2 wit eiers en na 14 tot 21 dae broei kaal, lelike kuikens uit. Die wyfie is alleen verantwoordelik vir die versorging van die kuikens, wat 'n dagtaak op sy eie is, aangesien die kleintjies onversadigbaar is. Gedurende die eerste dae word hulle gevoed met halfverteerde insekte wat die wyfie uitbraak en met haar snawel in die kuikens se kele plaas.

Verteenwoordigers

Die meeste kolibries kom voor in warm gebiede waar daar voortdurend blomme en insekte beskikbaar is. Die spesies wat hoog in die berge of in die onherbergsame gebiede van Alaska broei, oorwinter elders. Die bruin kolibrie (Selasphorus rufus), van Alaska trek byvoorbeeld begin Julie na Mexiko. net soos die robynkeeltjie (Acrilocus caolubris), wat in die oostelike dele van die VSA broei. Sommige spesies vreet net die nektar van bepaalde plante en trek dan altyd na gebiede waar die betrokke plante op daardie tydstip blom.

Op die eilande in die verspreidingsgebied van die kolibries kom ʼn aantal spesies voor wat met uitsondering van die op Trinidad nie baie ooreenkomste met kolibries op die vasteland toon nie. Die wimpelstertkolibrie (Trochilus polytmus) kom uitsluitlik op Jamaika voor, terwyl die spesies op die Antille ook oorwegend tot die eilande beperk is. Een van die 2 spesies wat op die Juan Fernandez-eilande aangetref word, naamlik die Juan Fernandezkolibrie (Sephanoides fernandensis), kom ook nêrens anders voor nie. Hierdie voël het die ken merkende eienskap om nektar uit te suig, verloor, aangesien daar op die eiland geen blomplante groei nie. Hy vreet net spinnekoppe en insekte wat in die varings en struike leef.

Handel

Onder die talryke eksotiese voëls waarmee handel gedryf word, beklee kolibries 'n vername plek. Weens hul pragtige vere en eienaardige voedingstegniek is hulle gesogte diere vir voëlparke. Sedert die begin van die 20e eeu word hulle na Europa ingevoer.

Aanvanklik het baie gevrek omdat hulle tydens die vervoer net met koolhidrate gevoer is en 'n tekort aan proteïen ondervind het. Teenswoordig word hulle per vliegtuig vervoer en aangesien die leefwyse en voedingsgewoontes beter bekend is, vrek minder diere tydens die vlug. In die afgelope jare is kolibries ook met welslae in gevangenskap geteel. By die vangs van kolibries word gebruik gemaak van 'n stok wat met lym besmeer is. Die vanger boots die geluid van 'n uil na en kolibries wat nader kom om die "uil" te verjaag, kleef aan die stok vas.

Hulle word dan van die stok afgehaal en in 'n klein dwangbaadjie van tekstiel geplaas sodat hulle gehanteer kan word sonder dat die vere beskadig word. Daarna word hulle in dose verpak. Vir die rit word die snawels in 'n buisie gesteek wat met 'n oplossing van proteïen en suiker gevul is. Wanneer kolibries in hokke aangehou word, moet die hokke baie groot en ryklik van plante voorsien wees. Voerbuisies met die regte proteïen- en suikeroplossing moet die blomme vervang.

Evolusie

 src=
’n Robynkeelkolibrie hang in die lug.

’n Kaart van die kolibrie se stamboom wat saamgestel is ná ’n ontleding van 284 van die 338 bekende spesies toon ’n vinnige diversifikasie van 22 miljoen jaar gelede af.[5] Die talle spesies word in nege hoofklades ingedeel.[5][6][7][8] Hoewel alle spesies op nektar van blomme staatmaak om energie vir hul hoë metabolisme en vinnige vlerkgeklap te kry, het gekoördineerde veranderings in blom- en snawelvorms die vorming van nuwe spesies kolibries en plante aangemoedig. Vanweë hierdie buitengewone evolusiepatroon kan tot 140 spesies saam in ’n streek soos die Andesgebergte voorkom.[5]

Die evolusieboom wys die kolibries se voorouers het sowat 42 miljoen jaar gelede van insekvretende windswaels (familie Apodidae) en boomwindswaels (familie Hemiprocnidae) afgeskei, moontlik in Eurasië.[5] ’n Belangrike evolusionêre faktor was blykbaar ’n veranderde smaakreseptor wat meegebring het dat kolibries na nektar kan soek.[9] Teen 22 miljoen jaar gelede het die voorouerspesie van huidige kolibries gevestig geraak in Suid-Amerika, waar omgewingstoestande verdere diversifikasie aangemoedig het.[5] Dit lyk of die Andes ’n besonder ryk omgewing vir die evolusie van kolibries was omdat diversifikasie oor die afgelope 10 miljoen jaar saam met die opheffing van die bergreeks plaasgevind het.[5]

Binne dieselfde geografiese gebied ontwikkel klades kolibries saam met nektardraende plantklades, en dit beïnvloed die meganisme van bestuiwing.[10][11] Dieselfde geld vir die swaardkolibrie (Ensifera ensifera), een van die morfologies mees ekstreme spesies, en sy hoofbron van nektar, Passiflora.[12]

Spesies

 src=
’n Granaatkolibrie drink nektar.

In tradisionele taksonomie word kolibries geplaas in die orde Apodiformes, wat ook die windswaels bevat. Sommige wetenskaplikes plaas hulle egter in hul eie orde, Trochiliformes. Die voëls se vlerkbene is hol en bros, en fossiele word dus nie maklik gevorm nie; dit veroorsaak dat die evolusiegeskiedenis swak aangeteken is. Hoewel wetenskaplikes meen kolibries het in Suid-Amerika ontstaan, waar die diversifikasie van spesies die grootste is, het moontlike voorouers van huidige spesies moontlik voorgekom in dele van Europa tot in wat vandag Suid-Rusland is.[13]

Tussen 325 en 340 spesies ia al beskryf, na gelang van die taksonomiese oogpunt. Daar is twee subfamilies – een is Phaethornithinae, met 34 spesies in ses genera, en die ander Trochilinae, wat al die ander, tipiese spesies bevat. Onlangse ontledings dui egter daarop dat daar nege hoofklades is.[6]

Fossiele van kolibries uit die Pleistoseen is in Brasilië en die Bahamas ontdek; nie een is egter wetenskaplik beskryf nie. Van die huidige spesies is net ’n paar fossiele bekend. In 2004 het dr. Gerald Mayr van die Senckenberg-museum in Frankfurt am Main twee fossiele van 30 miljoen jaar oud geïdentifiseer.[14] Daar is eers nie besef die fossiele van hierdie primitiewe spesie (Eurotrochilus inexpectatus, vir "onverwagte Europese kolibrie"), is kolibries nie omdat aangeneem is die voëls het nie buite die Amerikas voorgekom nie, totdat Mayr hulle van nader ondersoek het.

Die grootste raaisel is wat met die kolibries gebeur het in die rofweg 25 miljoen jaar tussen die primitiewe Eurotrochilus en die moderne fossiele. Die ongelooflike morfologiese veranderings, die afname in grootte, die verspreiding na die Amerikas en die uitsterwing in Eurasië het alles in dié tyd gebeur. DNS-toetse[15] dui daarop dat die grootste verspreiding van Suid-Amerikaanse kolibries ten minste gedeeltelik in die Mioseen, sowat 12 miljoen tot 13 miljoen jaar gelede, plaasgevind het tydens die opheffing van die Andes.

In 2013 is ontdek ’n 50 miljoen jaar oue fossiel wat in Wyoming ontdek is, was ’n voorouer van beide kolibries en windswaels voordat dié twee groepe geskei het.[16]

Verwysings

  1. (2009) “Flight costs of long, sexually selected tails in hummingbirds”. Proceedings of the Royal Society B: Biological Sciences 276 (1664): 2109–2115. doi:10.1098/rspb.2009.0090.
  2. Ridgely RS, Greenfield PG (2001). The Birds of Ecuador, Field Guide (1 uitg.). Cornell University Press. ISBN 0-8014-8721-8.
  3. (1992) “Hummingbird flight: Sustaining the highest mass-specific metabolic rates among vertebrates”. Experientia 48 (6): 565–70. doi:10.1007/bf01920240.
  4. "Hummingbirds" (in Engels). Nationalzoo.si.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2017. Besoek op 1 April 2013.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 5,5 "Hummingbirds' 22-million-year-old history of remarkable change is far from complete". ScienceDaily. 3 April 2014. Besoek op 30 September 2014.
  6. 6,0 6,1 McGuire, Jimmy A. (2007-10-01). “Phylogenetic Systematics and Biogeography of Hummingbirds: Bayesian and Maximum Likelihood Analyses of Partitioned Data and Selection of an Appropriate Partitioning Strategy”. Systematic Biology 56 (5): 837–856. doi:10.1080/10635150701656360.
  7. McGuire, Jimmy A. (Apr 2014). “Molecular Phylogenetics and the Diversification of Hummingbirds”. Current Biology 24 (8): 910–916. doi:10.1016/j.cub.2014.03.016.
  8. McGuire, Jimmy A. (2008-08-05). “A higher-level taxonomy for hummingbirds”. Journal of Ornithology 150 (1): 155–165. doi:10.1007/s10336-008-0330-x.
  9. (2014) “Evolution of sweet taste perception in hummingbirds by transformation of the ancestral umami receptor”. Science 345 (6199): 929–33. doi:10.1126/science.1255097.
  10. (2015) “The temporal build-up of hummingbird/plant mutualisms in North America and temperate South America”. BMC Evolutionary Biology 15. doi:10.1186/s12862-015-0388-z.
  11. (2015) “Diversity and clade ages of West Indian hummingbirds and the largest plant clades dependent on them: a 5–9 Myr young mutualistic system”. Biological Journal of the Linnean Society 114 (4): 848–859. doi:10.1111/bij.12476.
  12. (2014) “Escape from extreme specialization: Passionflowers, bats and the sword-billed hummingbird”. Proceedings of the Royal Society B: Biological Sciences 281 (1795): 20140888. doi:10.1098/rspb.2014.0888.
  13. Mayr, Gerald (Maart 2005). “Fossil Hummingbirds of the Old World” (PDF). Biologist 52 (1): 12–16.
  14. "Oldest hummingbird fossil found" (in Engels). Cbc.ca. 6 Mei 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2011. Besoek op 25 Januarie 2009.
  15. (1999) “DNA-DNA hybridization evidence for subfamily structure among hummingbirds” (PDF). Auk 111 (1): 8–19. doi:10.2307/4088500.
  16. (2013) “Fossil evidence of wing shape in a stem relative of swifts and hummingbirds (Aves, Pan-Apodiformes)”. Proceedings of the Royal Society B 280 (1761). doi:10.1098/rspb.2013.0580.

Bronne

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kolibrie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Kolibries (Engels: hummingbirds) is voëls van die Amerikas van die familie Trochilidae. Hulle is van die kleinste voëls, met sommige spesies wat net sowat 7,5-13 cm lank is. Die heel kleinste voël bekend is juis ’n kolibrie, die bykolibrie wat sowat 5 cm lank is en minder as 2 g weeg.

Die Engelse naam kom van die gonsgeluid wat hul vlerke skep terwyl hulle teen hoë frekwensies geklap word. Kolibries hang in die lug en klap hul vlerke van 12 keer sekonde by die groter spesies tot 80 keer in van die kleinste spesies. Van dié wat in windtonnels getoets is, het ’n spoed van meer as 15 m/s (54 km/h) gehaal en sommige spesies kan teen meer as 22 m/s (79 km/h) duik.

Kolibries het die hoogste metabolisme van alle homotermiese diere (wat ’n konstante liggaamstempertauur handhaaf ondanks wisselende omgewingstemperatuur). Om energie te bespaar as kos skaars is en snags wanneer hulle nie kos soek nie, kan hulle in ’n toestand soortgelyk aan hibernasie gaan – dit laat hul metobolisme afneem tot ’n 15de van die normale toestand.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Trochilidae ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los colibríes (Trochilidae), tamién conocíos como picaflores, runfadores, tucusitos, páxaros mosca o ermitaños, quindes son un clado d'aves apodiformes reinals d'América que cunta con más de 300 especies.[1] Son unes minúscules aves americanes que se caractericen pol coloríu del so plumaxe, la so forma de volar y polos vezos peculiares d'alimentación que tienen. Emiten un runfíu coles nales, que mueven con mayor rapidez que les de cualesquier otra ave, hasta l'estremu de que nun s'estremen cuando vuelen.

Taxonomía

Según dellos autores, como Charles Sibley, forma'l so propiu orde Trochiliformes, pa otros ta clasificada dientro del orde Apodiformes xuntu colos vencejos. Ente los sos integrantes atópense dalgunes de les aves más pequeñes del mundu. La familia entiende más de 100 xéneros que s'estremen nun total de 330 a 340 especies.

La familia estremar en dos subfamilies:

  • Phaethornithinae qu'inclúi a los ermitaños. Tienen los trés deos delanteros pegaos na base. Tamién tienen plumes de direición (timoneres centrales) desaxeradamente allargaes.
  • Trochilinae qu'inclúi a los colibríes. Tienen deos separaos. Les sos plumes de la cola (timoneres centrales) non allargaes.

Distribución y hábitat

Frecuenten llugares onde crecen les madreselves y otres plantes similares, yá que s'alimenten del néctar y los pequeños inseutos qu'atopen nel interior de les flores. Como van d'una a otra planta, tamién contribúin a polinizarlas, al igual que faen les abeyes.

Los colibríes namái pueden posase nes cañes, yá que se ven imposibilitaos p'andar o correr sobre'l suelu. Constrúin los sos niales emplegando teles d'araña, mofu y liquen, y asegurar a les cañes y fueyes resistentes, abondo percima del nivel del suelu.

Ente los sos integrantes atópense dalgunes de les aves más pequeñes del mundu. La so distribución xeográfica ye fundamentalmente neotropical, ye dicir en Suramérica magar s'estiende dende Alaska a Tierra del Fueu.[2]

Comportamiento

Alimentación

"
Colibrí verdemar (Colibri thalassinus) libando néctar.

Los picaflores o colibríes alimentar del néctar de flores y son polinizadores importantes, especialmente de flores con corola de forma tubular. Al igual que les abeyes pueden calcular la cantidá d'azucre nuna flor y pasar per alto les que nos son afeches a les sos necesidaes. Prefieren un conteníu d'azucre d'alredor del 25% y si baxa a menos de 15% nun lo beben. El néctar ye un alimentu enerxético pero ye probe en proteínes, vitamines y minerales. Por eso los picaflor suplementan la so alimentación con inseutos y arañes y especialmente usen estos p'alimentar a les sos críes.

La mayoría de los picaflores tienen picos llargos, finos y rectos, pero en delles especies la forma del picu ta afecha pa una alimentación especial. Los del xéneru Chalcostigma tienen picos curtios y filosos p'alimentase de flores con corola curtia y pa furar la base de les de corola llarga. Otros tienen un picu curvu qu'usen en flores con corola d'esa forma tales como les de la familia Gesneriaceae. Los de Avocettula recurvirostris son curvados escontra riba como los de avocetas, familia Recurvirostridae.

"
Zafil gorgiblanco o de cabeza azul (Hylocharis cyanus).

Los dos partes del picu del picaflor se superponen y calcen de tala forma que el picaflor puede abrir llixeramente'l picu y sacar la llarga llingua cuando liban néctar.

Al igual que Nectariniidae y a diferencia d'otros páxaros el picaflor tien una llingua que puede curvar los cantos formando un tubu que-y dexa libar néctar.[3]

El vuelu consume gran cantidá d'enerxía por eso'l picaflor pasa gran parte del tiempu en reposu y por eso tamién precisa comíes frecuentes, consumiendo pequeños invertebraos amás de néctar. En total consume hasta cinco veces el so pesu corporal per día. En promediu pasen 10 a 15% del so tiempu alimentándose y 75 a 80% reposando y dixiriendo.

Coevolución con flores ornitófilas

Ver tamién: Ornitofilia
"
Llámina d'Ernst Haeckel's Kunstformen der Natur (1899), amosando una variedá de picaflores.

Los picaflores son nectarívoros especializaos (Stiles, 1981) y tán venceyaos a flores ornitófilas de les cualos aliméntense y a les que polinizan. Delles especies, por casu el colibrí picoespada (Ensifera ensifera) son entá más especializaes. Han co-evolucionáu con un númberu llindáu d'especies de flores y presenten adaptaciones a tales flores, como la forma desusada del picu.

Les flores polinizadas por picaflores suelen tener colores en matices de colloráu, naranxa y rosado brillosu; magar nun bazcuyen en visitar flores d'otru colores. Los picaflores pueden ver ondes lluminoses próximes al ultravioleta pero les flores visitaes por picaflores nun reflexen tales ondes a diferencia de munches flores polinizadas por inseutos. Ye posible qu'esto sirva por que estes flores sían menos curioses pa los inseutos y que éstos non les visiten nin roben el néctar.[4][5]

El néctar de flores polinizadas por picaflores suel tener un conteníu d'azucre d'alredor de 25% y altes concentraciones de sacarosa, mientres el de les flores polinizadas por inseutos tien mayores concentraciones d'azucre y predominen la fructosa y glucosa.[6]

Referencies

  1. Gill, F & D Donsker (Eds). 2013. IOC World Bird List (v 3.4). Available at http://www.worldbirdnames.org [Accessed "23 Setiembre 2013"]
  2. del Hoyo, J. Elliott, A. & Sargatal, J. (1999) Handbook of the Birds of the World. Volume 5: Barn-Owls to Hummingbirds. Lynx Edicions. ISBN 8-487334-25-3.
  3. "Drinking Behavior of Mousebirds in the Namib Desert, Southern Africa "; Tom J. Cade and Lewis I. Greenwald; The Auk, V.83, Non. 1, January, 1966 pdf
  4. Rodríguez-Gironés MA, Santamaría L (2004) Why Are So Many Bird Flowers Red? PLoS Biol 2(10): y350 doi:10.1371/journal.pbio.0020350
  5. Altschuler, D. L. 2003. Flower Color, Hummingbird Pollination, and Habitat Irradiance in Four Neotropical Forests. Biotropica 35(3): 344–355.
  6. Nicolson, S. W., and P. A. Fleming. 2003. Nectar as food for birds: the physiological consequences of drinking dilute sugar solutions. Plant Syst. Evol. 238: 139–153 (2003) DOI 10.1007/s00606-003-0276-7

Enllaces esternos



license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Trochilidae: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los colibríes (Trochilidae), tamién conocíos como picaflores, runfadores, tucusitos, páxaros mosca o ermitaños, quindes son un clado d'aves apodiformes reinals d'América que cunta con más de 300 especies. Son unes minúscules aves americanes que se caractericen pol coloríu del so plumaxe, la so forma de volar y polos vezos peculiares d'alimentación que tienen. Emiten un runfíu coles nales, que mueven con mayor rapidez que les de cualesquier otra ave, hasta l'estremu de que nun s'estremen cuando vuelen.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST